Voedselvergiftiging by Pta-hoërskool ondersoek

Argieffoto

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Donderdag die MH Baloyi Secondary School in Winterveld besoek ná bewerings van voedselvergiftiging by die skool.

“Leerders het Dinsdag tydens pouse by die skool geëet en hulle is huis toe sonder dat enige leerder van maagpyn gekla het,” het Steve Mabona, Gautengse woordvoerder van die departement van onderwys, gesê. “Verskeie leerders in ʼn spesifieke klaskamer het egter Woensdag gekla oor ʼn maagprobleem en gesê hulle kon die vorige aand nie slaap nie.”

Sowat 203 leerders wat kos geëet het, het maagpyn ondervind en hulle is na verskeie gesondheidsfasiliteite geneem vir mediese behandeling. “Gelukkig is al die leerders teen die aand ontslaan.”

Lesufi het tydens sy besoek met die bestuur van die skool en distriksbeamptes vergader oor die omstandighede. Hy het ook met die skoliere gesels en om verskoning gevra vir dit wat gebeur het.

“Wat gister gebeur het, is betreurenswaardig. Ek het met die leerders vergader en hulle het verduidelik wat gebeur het. Ek het ook met die mense gesels wat die kos gekook het,” het Lesufi gesê. “Die leierskap van die skool, die distrik en ek het monsters na laboratoriums geneem en ek wag vir die uitslag van dié monsters. Tot dan raai ons aan dat die verdagte kos nie bedien moet word nie. Slegs vrugte, pap en ander voorbereide kos moet bedien word totdat ons die uitslag kry wat ons sal lei in die pad vorentoe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris dupreez ·

Lesufi, moenie die gesondheids departement se werk probeer doen nie, doen eerder jou eie werk met soveel oorgawe en bou nog skole.

Persheks Adri ·

Chris hy’s te besig om ons Afrikaners aan te vat en te probeer vernietig, maar hy vergeet ons gaan lê nie. Stem saam met jou egter

Pietertjie ·

Ek het nie geweet dat Winterveld in Pretoria is nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.