Voëlgriep: Vyfde geval aangemeld

Voëlgriep het op nog ‘n plaas uitgebreek. (Foto: pixabay)

Voëlgriep het op nog ʼn hoenderplaas in Gauteng uitgebreek.

Volgens die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is die jongste uitbreking op ʼn kommersiële plaas in Randfontein aangemeld.

Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, het gesê Hongkong het die departement intussen in kennis gestel van ʼn tydelike opskorting van die invoer van alle pluimveeprodukte vanaf Suid-Afrika.

“Ná die uitbreking van voëlgriep op 13 April het al die buurlande die verbod op die uitvoer van lewende hoender en onverwerkte produkte opgehef, behalwe Lesotho, wat die uitvoer vanaf Gauteng verbied.”

Vyf uitbrekings van voëlgriep is nou reeds aangemeld – vier in Gauteng en een in Noordwes. Die eerste geval is verlede maand op ʼn lêhoenderplaas aan die Oos-Rand geïdentifiseer en die betrokke maatskappy het sy 240 000 henne van kant gemaak.

Ngcobo het gesê al die plase wat geraak word, is onder kwarantyn geplaas en die nodige beheermaatreëls word toegepas.

“Genetiese evaluering het intussen bevestig dat die uitbreking wat op 13 April in Gauteng aangemeld is en die uitbreking in Noordwes blykbaar veroorsaak is deur nie-identiese voëlgriepstamme. Dit is dus waarskynlik dat di

Geen infeksies van mense is weens dié sirkulerende stamme in Europa aangemeld nie en die soönotiese risiko vir mense is baie laag, het Ngcobo gesê. “Die verbruiker het geen rede om bekommerd te wees nie.”

Die departement het reeds alle pluimveeboere asook diegene wat voëls aanhou, versoek om die volgende bioveiligheidsmaatreëls toe te pas:

  • Hou voëls weg van gebiede wat deur wilde voëls besoek word.
  • Oefen beheer uit oor die toegang tot pluimveehokke deur mense en toerusting.
  • Moenie water en voedsel voorsien op ʼn manier wat wilde voëls kan lok nie. Voer voëls eerder onder bedekking of in ’n afsonderlike struktuur.
  • Handhaaf die korrekte wyse van ontsmetting van die eiendom, pluimveehokke en toerusting.
  • Moenie voëls waarvan die siektetoestand onbekend is by ʼn swerm of groep voeg nie.
  • Pas die toepaslike beheermaatreëls toe by die verwydering van mis en dooie voëls.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan Seerot ·

240 000 lêhenne nou dood. En daar gaan nog baie vorentoe wees. Grote Griet, en steeds mag jy nie jou voëls teen die virus ent nie. Manne, manne, manne! Die rede hoekom jy nie mag ent nie, is so dun soos een-laag jy-weet-wat en so flou soos kasaterwater.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.