Voëlklip eis nóg ’n lewe

Argieffoto van Voëlklipkrans in Heroldsbaai.  (Foto: Malcolm Pojie/SA Polisie)

’n 33-jarige man is dood toe sy bakkie Dinsdag by die berugte Voëlklipkrans in Heroldsbaai afgestort het. Dit is die soveelste sterfte by dié uitkykpunt ten spyte van verskeie pogings deur die plaaslike munisipaliteit om te voorkom dat nóg tragedies daar afspeel.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die man se liggaam is vanoggend in die water aangetref.

Voorlopige inligting dui daarop dat die man nie vir werk opgedaag het nie. Die opsporingstelsel in sy bakkie is toe gebruik om hom mee op te spoor.

Dit is nie duidelik hoe laat die man se bakkie by die krans afgestort het nie.

Die nooddienste en polisie het omstreeks 08:45 op die voorval reageer.

Die man se liggaam is sedertdien uit die water gebring en ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Maroela Media het vroeër berig tientalle pale van 1,8 meter lank is verlede jaar by Voëlklipkrans staan gemaak om te verhoed dat motors by die krans afstort.

’n Informele parkeerarea by die krans is nou ook nie meer toeganklik nie nadat dit met klippe toegepak is.

Dít te midde van toenemende druk om ʼn plan te maak met die pad wat na die uitkykpunt lei. Minstens vyf gevalle, waar ’n motor by die krans afgestort het, is sedert Oktober 2019 aangemeld.

Dit sluit in Heidi Scheepers en haar twee jong kinders wat op 22 Oktober 2019 in hul grys Volkswagen Caravelle by die krans afgestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Martin ·

Dit is nie goeie publisiteit vir George munisipaliteit nie. In SA word 6m lange betonblokke gebruik wat beter bekend staan as “jersey barriers” wat as vervoerbare veiligheidsversperrings vir padkonstruksie en baie ander toepassings. Daar is 3 groottes betonversperring beskikbaar in Suid-Afrika – 650 mm hoog, 800 mm hoog en 1000 mm hoog – almal 6 meter lank. Vinnig en relatief goedkoop om te installeer op enige plat oppervlakte. Die 650mm weeg 1700kg en sal enige voertuig stop. Dit vertoon ook netjies.

Marius ·

Was al daar. Dit is gevaarlik veral as jy naby aan rand kom. Mense moet eerder weg van die afgrond af stop en dan nader stap, inaggenome dat jy ook by die afgrond kan afstort.

My siening ·

Dit is so n mooi plek en uitsig en jammer oor die oorledenis, maar nou gaan alle natuur liefhebbers daaronder ly as hulle die plek dalk toemaak. Asb. hou plek oop vir die meerdeheid mense wat die plek wil besoek en natuur en sig waardeer!

Delia ·

Baie hartseer vir die lewensverlies

Kan ons die N1 ook toe maak op pad na Polokwane. Daar vind net so Baie ongelukke plaas en soos Baie mense bestuur dink ek ook hulle Wil nie Meer lewe.
Die probleme moet aangespreek word. Nie areas toemaak

ameli ·

Stem miljoen keer saam Delia en om nie te praat van die magoebaskloof pas in Limpopo nie, plaas dit hul daar oor barriers op

Martin ·

Visueel verskaf ‘n betonversperring “jersy barrier” ‘n ondeurlopende struktuur wat relatief konsekwent is in terme van tekstuur en kleur gesien vanuit ‘n natuurliefhebber of motoris se visuele perspektief. Daar is ‘n 1,5m opening tussen elke jersey wat groot genoeg is om jou piekniek mandjie en visstok deur te laat asook wilde diere in die omtrek, maar die jersey’s sal enige voertuig veilig in sy spore stop om verdere ongelukke te voorkom.

Tiptol ·

Ek wil nie hard klink nie, maar was van die ongelukke nie dalk keuses nie.

annie ·

Nee. As mens ‘n mooi natuurtoneel sien kry jy lewenslus. Daardie is nie die enigste uitsig oor die see nie. Daar hang ‘n gevoel van depressie oor die hele gebied. Daai draai gooi jou uit balans. Maak dit toe… Toe! Die inwoners in die omtrek drink seker almal senupille. Binnekort kom geen vakansiegangers meer daarheen nie.

Delia ·

Geld dit nou ook vir die pad na Houtbaai, die pad vanaf Gordonsbaai tot Bettysbaai ens. Moet dit ook toegemaak word?
Daar is bordjies oral,
haal jou voet van die petrol pedaal af…

Lillian ·

Dis tragies, beide dat nog ‘n lewe verloor is en tweedens dat die area steeds nie veilig genoeg is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.