Voëlklip eis nóg ’n lewe

‘n Helikopter vlieg Woensdagoggend by die Voëlklipkrans waar nog ‘n motoris gesterf het. (Foto: ER24)

’n Man is dood toe sy motor oor die berugte Voëlklipkrans naby Heroldsbaai gestort het.

Voëlklip is die afgelope paar maande gereeld in die nuus nadat verskeie mense in motors by dié krans af is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring paramedici is saam met ander nooddienste Woensdag kort ná 09:00 na die toneel ontbied, nadat stappers die motor by die krans sien afry het.

Volgens Meiring is die motorwrak in die see aan die onderkant van die krans aangetref.

Reddingswerkers is met ’n tou na onder gehys waar hulle hul weg na by die motorbestuurder gevind het. Die man, vermoedelik in sy 40’s, is uit die motor geslinger toe dit na onder getuimel het en het verskeie beserings in die voorval opgedoen.

Meiring sê ’n helikopter is ontbied om die man na bo te bring, waar daar vasgestel is dat hy reeds aan sy beserings beswyk het.

Polisiewoordvoerder sers. Chris Spies het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die motor wat oor die krans gestort het, is ʼn gehuurde wit Eco Sport met ʼn CA-nommerplaat. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen. Die man se identiteit kon nog nie bevestig word nie.

Ettienne Scheepers, sy vrou, Heidi, en hul kinders.

Maroela Media het vroeër berig die liggaam van ’n vrou is in Desember uit die water gebring nadat ’n rooi Chevrolet Spark met ligte aan oor die krans gery en in die water beland het. Die vrou was die enigste insittende in die motor.

Heidi Scheepers en haar twee kinders is dood toe hul grys Volkswagen Caravelle in Oktober in die see by Voëlklip beland het. Die motor is langs die rotse aangetref waarna ’n grootskaalse soektog na Heidi, haar tweejarige seuntjie, Hugo, en haar sesjarige dogtertjie, Cozette, begin is.

Heidi en Hugo se liggame is in die see gevind waarna ’n nadoodse ondersoek getoon het dat Heidi en Hugo verdrink het. Cozette se liggaam is nooit gevind nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
DLR

Maar niemand sal reëlings opsit om dit te voorkom.

Meraai

Dit is bitter hartseer! Doen iets daaraan….reelings of GROOT KLIPPE (rotse)

Lisma

Die mense ry nie per ongeluk daar af nie….hulle pleeg selfdood. So om klippe reelings ens op te sit…gaan niks help, dan kry hulle net ‘n ander plek of manier. Kom ons wees maar net eerder almal meer bewus van mense se seer, hul geestestoestand ens. Werk mooier met mekaar en besef jy weet nie waardeur die mens langs jou gaan nie.

Janee

Janee
Ongelukkig sal dinge nie spoedig daar gebeur…..alles neem tyd hier in George want bykbaar kan niemand besluit aan wie die grond beoort nie. So jammer….

Lisam

Die ergste is, is dat wanneer mense selfmoord pleeg, n split sekond voor jy afsterwe, skop n baie groot spyt in. Daar was n man wat van die brooklyn Bridge afgespring het jare gelede, hy het oorleef alhoewel hy baie ernstig seergekry het. hy maak videos op youtube oor wat gebeur het, en hyt self gese die oomblik as jy daar afspring besef jy alklaar wat jy kon gedoen het om die probleme in jou lewe reg te stel. dit is bitter hartseer. sterkte vir die familie .