Voëlklip: Nóg ʼn ma, kleuter vermis na motor by krans afstort

Talle polisielede en reddingswerkers is ontplooi om na die ma en haar dogtertjie te soek. (Foto: Malcolm Pojie/SA Polisie)

Polisieduikers, lede van die Nasionale Seereddingsinstituut en reddingswerkers was Donderdagmiddag terug by die berugte Voëlklip-uitkykpunt in Heroldsbaai in die Wes-Kaap waar ʼn voertuig weer oor die krans gestort het.

Volgens die polisie was ʼn 34-jarige ma van George en haar tweejarige dogtertjie in die voertuig toe dit van die krans afgery het. Hulle word steeds vermis.

ʼn Agtjarige seuntjie wat ook in die voertuig was, het sonder beserings ontsnap en is na ʼn hospitaal geneem.

Die uitkykpunt het reeds talle lewens geëis.

In een van die bekendste voorvalle is Heidi Scheepers (35) en haar twee jong kinders in Oktober 2019 by Voëlklip dood nadat hul voertuig daar in die see beland het. Scheepers en haar tweejarige seuntjie, Hugo, het verdrink toe hul voertuig oor die krans gestort het. Hugo se liggaam is eerste gevind en Heidi se liggaam ʼn paar dae later.

Die sesjarige Cozette se liggaam is nooit gevind nie.

Die departement van vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap het in Januarie verlede jaar aangekondig hy beraam planne om moontlik veiligheidsmaatreëls by die berugte krans aan te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Phumba ·

Hoe moeilik kan dit tog wees om n reeling te bou? Jan tot Jan en daar is nog niks gedoen nie!

Colombo ·

As jy die omgewing ken sal jy verstaan dat die aanbring van reelings nie so eenvoudig is nie

Annatjie ·

Moontlik planne! Mense gaan dood en hulle gaan moontlik iets doen. Siek!

LIEZL ·

Ek verstaan glad nie, as daar nie ‘n pad is nie, dan kan jy mos nie net daar af ry nie. Of is die pad naby die afgrond? Kan iemand verduidelik seblief? Iemand wat weet hoe dit lyk daar?

Louise ·

Liezl, jy kan al die details daarvan op die FB groep Murder She Wrote Investigations and Discussion Club lees. Daar is selfs videos van presies hoe dit daar lyk.

smith ·

Liezl daar is n afdraai pad daar. Dis n uit kyk punt net voor Heroldsbaai. Dis n grondpad so jy kan daar in en deur ry en by die uit kyk punt gaan staan. Dis n baie mooi plek en stuk stuk is die pad baie smal maar op plekke ook breed genoeg vir 2 motors om by mekaar verby te kan ry, maar ja die pad loop teen aan die aftrande so mens moet maar baie mooi en stadig daar ry. Dis baie sad vir ons wat in George bly om so mooi stukkie grond as n doods fonis te sien want dis die 4de kar van 2019 af wat daar af is.

Alta ·

Gaan na YouTube en tik in Voelklip krans dan kan jy videos sien van die plek

Pieter J ·

Almal maak planne maar niks gebeur nie. Intussen vind die een tragedie na die ander daar plaas.

Piet ·

Gelukkig is hier ‘n oorlewende. Die kind sal kan se of dit ‘n selfmoordpoging was of nie. ‘n Sperring gaan nie help as jy wil selfmoord pleeg nie.

Francois ·

Jammer Ben en Anetjie ek stem nie saam. Dit is n baie mooi plek en ons geniet dit altyd om daar te sit en sons ondergange te kyk. Dit is siek individue wat nou daai mooi van die hele Suid Afrika wil weg vat. As hulle dit nie daar gedoen het nie sou hulle dit net op n ander plek doen. Los dit soos dit is en laat ons gesonde lansburgers ook ons uitsigte geniet

Piet ·

Is dit die voertuig wat op die foto gesien kan word? Klik op die foto om die groter weergawe te kry. Jy moet mooi kyk, links op die foto aan die onderkant van die krans, net ‘n klein gedeelte in die water. ‘n Wit voertuig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.