Voëlklip: Polisie bepaal vandag of soektog voortgaan

(Foto: Malcolm Pojie/SA Polisie)mal

“Op grond van die resultate vandag sal die situasie weer beoordeel word om te bepaal of die soektog na die tweejarige dogtertjie by Voëlklip naby Heroldsbaai voortgaan, afgeskaal of afgelas moet word.”

Só het kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, gesê nadat polisieduikers Donderdagoggend hul soektog na die dogtertjie voortgesit het. Die soektog is Woensdag weens reën afgelas. Dit is nou die tweede keer vandeesweek dat die soektog weens gure weerstoestande afgelas is.

Maroela Media het vroeër berig dat ’n voertuig, met die vrou en die dogtertjie daarin, Donderdagmiddag by die berugte uitkykpunt in die see afgestort het. ’n Agtjarige seun kon oënskynlik uit die motor kom voordat dit van die krans afgery het. Die kind het geringe beserings opgedoen, maar was geweldig getraumatiseerd ná die voorval. Die kind is in dié stadium in die sorg van sy pa.

Die liggaam van die ma is verlede Donderdag in die see gekry. Daar is ook al intussen ’n geregtelike ondersoek na haar dood begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Thelsa ·

Daar moet tog seker ‘n manier wees om hierdie plek te beveilig.

Pieter ·

Dink die antwoord lê by die probleem van hierdie aksies. Wat dryf mense om dit te doen? Indien die plek beveilig word, word weer ‘n ander plek gekry. Ongelukkig dat mense so dood as die laaste uitweg sien. Gesinsprobleme, Covid-19 en finansiële probleme is drake wat erger skade as net die Covid-19 siekte aanrig.

Mariaan ·

Geen ma doen so iets sommer net nie..maak maar seker die seun is wel veilig waar hy nou is….

Vlooitjie ·

My simpatie aan die seuntjie, sy pa en ander familie. Dit sal moeilik wees om “closure” te vind as die ou dogtertjie nie gekry word nie. Baie hartseer situasie.

Arendsoë ·

Het hulle moontlik binne in die voertuig gekyk? Was die 2 jarige dogtertjie nie moontlik in n stoeltjie vasgemaak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.