Voëlklip: Soektog na dogtertjie hervat

(Foto: Malcolm Pojie/SA Polisie)

Die soektog na ʼn tweejarige dogtertjie by Voëlklip naby Heroldsbaai duur voort.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê polisieduikers het Maandagoggend hul soektog na die kind hervat nadat dit Sondag weens gure weerstoestande gestaak is.

’n Geregtelike doodsondersoek word intussen gedoen nadat die liggaam van die dogtertjie se ma verlede week in die see gekry is. ’n Voertuig, met die vrou en die dogtertjie daarin, het Donderdagmiddag by die berugte uitkykpunt in die see afgestort.

Pojie het vroeër gesê ’n agtjarige seun kon oënskynlik uit die motor kom voor dit van die krans afgery het. Die kind het geringe beserings opgedoen, maar was geweldig getraumatiseerd ná die voorval. Die kind is in dié stadium in die sorg van sy pa.

Pojie kan nie in dié stadium meer besonderhede rakende die voorval gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Wat is daar aan Voëlklip dat daar sulke tipe ongelukke gebeur.Ek dink hierdie is al die derde geval waarvan ek weet.Hoekom is dit altyd net die mammas met die kinders.Wie is verantwoordelik vir die instandhouding.Aan wie behoort die grond.Kan daar nie reelings opgesit word om die ongelukke te voorkom nie.Ek hou my nie slim nie.Ek ken nie die gebid daar nie maar iemand wat wel die gebid ken kan vir ons verduidelik asseblief.

Etienne ·

Ek was nog nie persoonlik by die uitkyk area nie maar volgens kenners in die Heroldsbaai area is dit privaat grond. Die pad is in baie goeie toestand want dit word gereeld deur baie mense gebruik weens die uitsonderlike uitsig oor die oseaan. Die gevoel is ook dat daar geen gevaar bestaan dat motoriste by die uitkykpunte oor die kranse kan ry nie tensy jy roekloos op die grondpad jaag of dan doelbewus daaroor jaag….

Bertus ·

Ek bly al baie jare in George en veskaf graag duidelikheid rondom sekere kwessies. Dis eintlik baie eenvoudig, want dis nie moontlik om daar af te jaag, see in, sonder dat dit so beplan is nie. Die enigste ander “moontlike” alternatief is een wat soos ‘n maniak afgejaag kom teen die grondpad en ALLE waarskuwings ignoreer en die voertuig se remme of iets gee in en stort af. Dis hoe ek dit sien (met eerstehandse kennis van die gebied, ek het gereeld daar gaan hengel).

Esmeralde ·

Iemand al daaraan gedink dat daar n moontlike kans ook kan wees dat hulle daar stilhou vir of om te kyk na die uitsig of dat iemand hul forseer om te stop, haar te hijack om die dogtertjie te ontvoer, vermoor die ma en laat die kar met haar daar afry en maak of dit n selfmoord of vuilspel te laat voorkom. Want elke keer is die liggaam vd klein dogtertjie nie gevind maar slegs vd ma en die ander kind. Dis 3 keer agtermekaar dieselfde patroon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.