Voer aan brandgeteisterde gebiede geskenk

(Foto: AfriForum)

AfriForum en die familieorganisasie, Saai, het gedurende Augustus hulp verleen aan boere wat deur die verwoestende brande in Polokwane (Pietersburg) geraak is.

Ongeveer 30 000 ha het afgebrand en meer as 2 000 beeste en bokke asook 1 900 wild het in die slag gebly, terwyl ten minste 17 boere die negatiewe impak van dié brande eerstehands beleef het. Een van die grootste behoeftes was voer vir die oorlewende diere. AfriForum en Saai het ’n vragmotor gereël en 360 bale voer na brandgeteisterde gebiede aangery.

“Die gemeenskap is dinamies en niemand moet hulle onderskat nie. Daar word reeds ’n tweede rit met nog meer voer vir verligting vir die diere en boere beplan. Indien meer van die gemeenskap betrokke wil raak, kan hulle ’n donasie maak,” sê Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Soutpansberg.

Die twee organisasies is hard aan die werk om vir die slagoffers van die veldbrande in Limpopo verligting te bring. Indien die gemeenskap ook wil saamspan, kan donasies in die volgende rekening inbetaal word:

AfriForum NPC
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 623 498 98398
Takkode: 261550
Verwysing: Brande in Limpopo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karina ·

Dankie aan almal wat die Boere uithelp met voer. Ons waardeer dit, sonder ons Boere het ons nie kos nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.