Voer en ‘hoop’ vir boere ná brande

Skenkings, wat voer, kos en klere insluit, is met 16 Interlink-vragmotors en 20 bakkies na die betrokke plase vervoer. (Foto: Verskaf)

Die organisasie Boere Droogtehulp SA NPC het Vrydag in samewerking met die kunstenaar Appel voer, kos en klere aan 11 boere in die omgewing van Fochville en Potchefstroom versprei nadat hulle plase onlangs deur wegholveldbrande vernietig is.

Volgens Chris van Beljon, stigter van die organisasie, is nagenoeg 7 000 ha en weiding weens die brande op 1 en 3 Julie verwoes en het baie vee ook in die slag gebly.

Sommige plaaswerkers se huise het ook afgebrand of is beskadig.

“’n Brand soos dié het ’n reuse-uitwerking op ’n boerdery. Dit kan beteken dat ’n boer weer heeltemal van voor af moet begin,” sê Van Beljon.

Skenkings word op een van die vragmotors gelaai. (Foto: Verskaf)

“Dit kan jare neem voor ’n boer weer op die been kom en sonder hulp bestaan die moontlikheid dat hulle dalk nooit van so iets herstel nie. Dít is hoekom dit uiters nodig is dat ons mekaar in tye van nood help.”

Die skenkings, wat voer, kos en klere insluit, is met 16 Interlink-vragmotors en 20 bakkies deur onder andere boere en lede uit die gemeenskap na die betrokke plase vervoer.

Dít is aan altesame 27 gesinne versprei, wat boere en plaaswerkers insluit.

Van Beljon sê voorts dat gemeenskappe baie kan vermag deur mekaar te ondersteun en hoop te skep.

“Dis nodig om mekaar hoop te gee, want daarmee saam kom nuwe krag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stephen

Ek is eenmaal by n funksie deur n baie prominente swart dame gevra waarom blankes so suksesvol is. Ek wens ek kon haar hierdie artikel wys. DIT is hoekom blankes suksesvol is. In dieselfde nuusbulletin wys Maroela op die brande en onluste in KN wat die teenstrydigheid nie beter kan demonstreer nie,

Gideon

@maroela media
Plaas die bank besonderhede waar mens n bydrae kan maak en versamel punte as mens wil kos/klere skenk

Charles

Ysters!

Tanniepetoors

Dis hoe ons mense saamstaan! Dankie aan almal wat hand bygesit het.

Nico

Dit is die boere volk wat sê, ons gaan nie verskoning maak vir die grond/plase wat hulle het nie. Dit wys vir jou dat die boere kan saam staan, mag hierdie boere geseënd wees. Dan is daar wittes wat nie kan wag om “op te tree” teen mede-Afikaners wat nog iets oor het vir hulle volk en hulle identiteit.