Voertuie aan die brand gesteek in PE

Foto: African News Agency.

Ontstoke betogers het ‘n bakkie aan die brand gesteek terwyl hulle ook bande gebrand en voertuie met klippe bestook het in Addoweg in Port Elizabeth.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê daar was Dinsdag ook protesaksie op die N2 waartydens twee busse, ʼn ambulans en ʼn vragmotor beskadig is.

Volgens Beetge is een bus heeltemal uitgebrand. Die protesaksie het aanvanklik in Kamvelihle begin en toe oorgespoel na Wells Estate, waar uitsettingsbevele vroeër die dag beteken is.

Lede van die polisie se openbare orde-eenheid was teenwoordig by verskeie punte waar die protesaksies plaasgevind het.

Volgens Beetge is daar onder meer oor dienslewering betoog. Die polisie ondersoek sake van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

tamboti ·

Liewe NSA en burgers, hou op brand en betoog en breek en klipgooi en verkwalik en verwyt, die toekoms sal nie vir ons / julle op ‘n silwer skinkbord bedien word nie, daar is ‘n nuwe (oeroud) wet in plek: “eat or be eaten!”
Die “verkose” regering vreet hulself blikvet en julle wil onder mekaar ywer?

Ellen ·

Verduidelik asb vir my hoe verander die feit dat jy mense se motors uitbrand die feit dat daar ‘n uitsettingsbevel teen julle beteken was? Die mense wie se motors uitgebrand is, het hulle enige skuld daaraan gehad? En al sou hulle, hulle het hulle REGTE uitgeoefen. EK kan nie glo dat ons land in anargie verval het nie. Hierdie brandstigters kom selde iets oor. Veral as hulle in ‘n groep is word hulle nooit gevang of aangekla nie .. so hulle kom weg daarmee, volgende keer doen hulle dit weer. Hulle word dit toegelaat want hulle is ‘angry’.

Jaco ·

Watter soort mens steek net voertuie aan die brand en plunder? In my lewe het ek nog nooit die begeerte gehad om voertuie en bande te brand en klippe te gooi nie!!

Magda ·

So moeg vir alles – VERNIETIG ALLES WAT DUIDELIK IS JULLE NIKS GEWOOND NIE – AS DAAR NIKS MEER OOR IS NIE – WONDER WAT GAAN JULLE DAN BRAND???????????

Moedeloos ·

Dis die regeeders van die land!!!as hulle nie hul sin kry nie beskadig alles terwyl die eintlike regeerders hulle agteroor sit en hulle ryk steel

Andile ·

Kyk n bietejie rugby of krieket, dit sal dinge beter maak. In ag genome die prys wat vir die voorreg betaal is moet dit tog help.

Boela ·

Moenie van die wigte en teenwigte vergeet nie! Dié sal waarskynlik nou enige oomblik inskop om dinge beter te maak (of hoe, FW?).

Eugene ·

Nadat ons geland het by OR Tambo lughawe merk ek op hoe die lughawe werkers die tasse hanteer wat uit die vliegtuig kom. Die tasse word soos vrot velle op die bakkie en sleepwa geslinger! Die “mense” het geen respek vir hul mede mens se besittings nie. Ek het dit verwag want dis hoe die “mense” se gedrag is.

Kaspaas ·

100% in die kol Eugene. Het n’ pragtige tas van BMW ontvang as n’ geskenk, na afloop van die koop van n’ nuwe motor. Kaap toe en terug is hy so verniel deur die lughawe personeel, dat ek nou te skaam kry om hom te gebruik. Het nog altyd gewonder hoekom sekere mense hulle tasse in borrel plastiek toedraai…
Nou weet ek hoekom!

marous ·

Duidelike wrewel. Staan by kas register en kyk hoe word die goed waarvoor jy betaal rondgesmyt. Word met leep oee aangekyk as hulle daaroor aanspreek. Bestuurder trek skouers op. Nou paar maal gewag tot laaste item deur gefoeter word , dan bloot eenvoudig uitgestap sonder om goed te vat of te betaal. Hulle moet self opsnork met krediete en goed weer terug pak.

jan van riebeeck ·

Kaspaas ons draai nie ons tasse toe in plastiek om dit te beskerm nie , ons dit dit want dit maak dit effens moeiliker ( nie onmoontlik nie) vir hulle om vinnig iets ut die tas te steel

Anoniem ·

Hulle doen dit, want dis hoe die ANC hulle destyds geleer het om die land onregeerbaar te maak. Die probleem is dat die regering nie weet hoe om dit te stop sonder om die “terroriste” se stemme te verloor nie.

Boela ·

100% Capie – hierdie is niks anders as stedelike terrorisme nie!

Scalla ·

Swak dienslewering, gaan spreek die verantwoordelike persone aan wat daar in beheer is, wat het die voertuie wat aan die brand gesteek word daarmee te doen?

Annette Stander ·

Het die polisie weer gestaan en toekyk soos gewoonlik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.