
Foto: African News Agency.
Ontstoke betogers het ‘n bakkie aan die brand gesteek terwyl hulle ook bande gebrand en voertuie met klippe bestook het in Addoweg in Port Elizabeth.
Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê daar was Dinsdag ook protesaksie op die N2 waartydens twee busse, ʼn ambulans en ʼn vragmotor beskadig is.
Volgens Beetge is een bus heeltemal uitgebrand. Die protesaksie het aanvanklik in Kamvelihle begin en toe oorgespoel na Wells Estate, waar uitsettingsbevele vroeër die dag beteken is.
Lede van die polisie se openbare orde-eenheid was teenwoordig by verskeie punte waar die protesaksies plaasgevind het.
Volgens Beetge is daar onder meer oor dienslewering betoog. Die polisie ondersoek sake van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Liewe NSA en burgers, hou op brand en betoog en breek en klipgooi en verkwalik en verwyt, die toekoms sal nie vir ons / julle op ‘n silwer skinkbord bedien word nie, daar is ‘n nuwe (oeroud) wet in plek: “eat or be eaten!”
Die “verkose” regering vreet hulself blikvet en julle wil onder mekaar ywer?
Verduidelik asb vir my hoe verander die feit dat jy mense se motors uitbrand die feit dat daar ‘n uitsettingsbevel teen julle beteken was? Die mense wie se motors uitgebrand is, het hulle enige skuld daaraan gehad? En al sou hulle, hulle het hulle REGTE uitgeoefen. EK kan nie glo dat ons land in anargie verval het nie. Hierdie brandstigters kom selde iets oor. Veral as hulle in ‘n groep is word hulle nooit gevang of aangekla nie .. so hulle kom weg daarmee, volgende keer doen hulle dit weer. Hulle word dit toegelaat want hulle is ‘angry’.
Watter soort mens steek net voertuie aan die brand en plunder? In my lewe het ek nog nooit die begeerte gehad om voertuie en bande te brand en klippe te gooi nie!!
So moeg vir alles – VERNIETIG ALLES WAT DUIDELIK IS JULLE NIKS GEWOOND NIE – AS DAAR NIKS MEER OOR IS NIE – WONDER WAT GAAN JULLE DAN BRAND???????????
Kyk n bietejie rugby of krieket, dit sal dinge beter maak. In ag genome die prys wat vir die voorreg betaal is moet dit tog help.