Die Stad Kaapstad het sy woede uitgespreek oor die groep stakende taxibestuurders wat die Moederstad vanaf Donderdagoggend vroeg op horings neem.
Die beplande stakings, gelei deur die taxiverenigings Cape Amalgamated Taxi Association (Cata) en Congress of Democratic Taxi Associations (Codeta), het vroeër vanoggend gewelddadig geraak nadat daar van die beplande roete afgewyk is.
Die metro het nou sy toestemming tot die staking onttrek. Tog laat die polisie toe dat die stakers met hul protesoptrede voortgaan, sê JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, nou.
Chaos heers in dié stadium in Kaapstad. Verskeie voertuie, waaronder taxi’s en passasiersbusse, is aan die brand gesteek terwyl die N2 tot stilstand gedwing is.
Utter chaos in Cape Town. Taxi strikes. pic.twitter.com/wyPn560hXP
— ROBYN IN THE HOOD (@robynhoodcpt) March 24, 2022
“Ons doen sedert vroeg vanoggend ons bes om die geweld te voorkom en pendelaars en private voertuie te beskerm, maar dit is onmoontlik om elke kilometer pad te beveilig en elke private voertuig in die geraakte gebiede te begelei,” sê Smith.
Verskeie wetstoepassingsowerhede, waaronder die metropolisie, is reeds na die geraakte gebiede ontbied en was dit nie vir dié wetstoepassers nie, “sou die situasie waarskynlik aansienlik erger gewees het”, meen Smith.
“Die doel van die staking was om die taxiverenigings se griewe uit te lig, maar die intimidasie en vernietiging wat vanoggend met hul optrede gepaardgegaan het, is teenproduktief en heeltemal onnodig.”
Van die taxibestuurders se griewe sluit in die beweerde teistering van taxibestuurders deur wetstoepassingsbeampte.
Smith wys egter nou daarop dat die Kaapse metro daagliks oorval word met klagtes oor taxibestuurders se gedrag op die paaie. “Ons personeel is verplig om die wet toe te pas.”
“In plaas daarvan om ellende vir wetsgehoorsame burgers te veroorsaak, moet hierdie verenigings ʼn bietjie selfondersoek doen oor hul optrede en gedrag, en dink hoe hulle ʼn positiewe verandering teweeg kan bring.
“Die gooi van klippe en petrolbomme na ander vervoer- en diensvoertuie is nie die antwoord nie.”
Die Stad Kaapstad is nog besig om die omvang van vanoggend se skade aan eiendom te bepaal. Daar word egter in dié stadium gefokus op die beskerming van mense en eiendomme.
#Taxistrike
Cape Town Taxi strike has resorted to violent incidents. That has left ordinary citizens to struggle reporting for work. Let's hope that Taxi associations demands will be met or the strike will be extended pic.twitter.com/xZ4dMDU5hN— Dyamara (@Dyamara5) March 24, 2022
Cape Town Taxi strike got people jumping out the Bus windows. ???? pic.twitter.com/IebUdmxU4r
— m a s h e s h a ???? (@_mashesha) March 24, 2022
Cape Town taxi strike. pic.twitter.com/M6gBSRMogu
— ǝʞuo⅄ (@yonkiminqweno) March 24, 2022
Ya ne! .. #Taxistrike pic.twitter.com/qVhOOv2zjx
— Lu (@Lxngelo) March 24, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
So wat presies is die doel van die polisie as hulle NIKS doen aan die geweldadige staking en verwoesting van eiendom nie ? As jy salaris kry moet jy dit tog seker vir iets kry ? Hoekom is hulle daar ? Die stakers maak soos hulle wil en die polisie obserweer en neem selfoon videos van insidente. Die dag as anargie uitbreek gaan hulle net staan en kyk.Hulle het geen doel of funksie nie.Verduidelik.
Die gespuis is ‘n wet op hulle eie en Cele se spul maatjies doen niks want hulle is onbevoeg en bang !!!!!
Trek al hul lisensies terug. verbied hulle op die paaie totdat hulle ooreen kom om wette te gehoorsaam en hul lede te beheer.
Hierdje goed in SA sal nooit tevrede wees met enige iets. Hulle kan nie n dag vreedsaam deur gaan nie. Altyd op maneuvers
Die skip is besig om te sink en die kaptein staan en tee drink op die dek…….