Voertuie brand ná gewaagde transitoroof in Rustenburg

Die toneel. Foto: Facebook

ʼn Groep swaar gewapende verdagtes het Saterdagoggend in Rustenburg in Noordwes ʼn geldwa oopgeblaas en beroof voor hulle die voertuie wat hulle tydens die voorval gebruik het aan die brand gesteek het.

Die geldwa, wat deur ʼn veiligheidsvoertuig agtervolg is, is omstreeks 08:00 terwyl dit in Boschstraat gery het deur ʼn swart Mercedes-Benz van agter en ʼn wit Mahindra-bakkie van voor ingeperk nadat die bakkie reg van voor teen die geldwa gebots het.

“Ses verdagtes het met outomatiese wapens uit die voertuie gespring. Hulle het die geldwa met plofstof oopgeblaas en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagtes het voor hulle van die toneel gevlug het die Mercedes en Mahindra-bakkie met petrolbomme bestook. Hulle het hierna in twee Ford Ranger-bakkies, wit en silwer, van die toneel gevlug.

Mogale het gesê daar is op R5- en AK47-magasyne op die toneel beslag gelê. Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het intussen opdrag gegee dat ʼn 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel word om die verdagtes aan te keer.

Volgens Mogale is niemand tydens die voorval beseer nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad te bel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sarel ·

Kan iemand vir my vertel waar kom die R5 en ander gewere vandaan. Beslis van burgerlikes wat deur die Regering van hulle wapens beroof wil word nie

Koos ·

R5′ ? Polisie en weermag? Hulle is dan deel van plaasmorde hoekom sal hulle ook nie betrokke wees by transito roof ook nie?

Sarie ·

Jy is dalk reg Koos! Siende dat daar gemeld word dis “verdagtes” beteken dat die polisie vermoed wie dit kan wees, andersins kan daar nie van verdagtes gepraat word nie.

Mark ·

Natuurlik gaan dit in Rustenburg gebeur. Daar is geen beheer oor misdaad nie, die mense loop deur met inbrake en kapings. Polisie en verkeersdepartement is n gedagte in daai dorp.

Chris Ws ·

Jy praat 100% waar Mark!Ek het 40 jaar in Rustenburg gebly maar sal nooit weer nie.Dis ‘n wettelose hool.

Adel ·

Dit gaan maar oral so, wetteloos, die hele RSA vol. Beslis nie net in Rustenburg nie!!

anre ·

Dit het gebeur reg voor Laerskool Rustenburg gedurende Gr R ope dag! Hulle gee nie meer om waar en wanner hulle die rooftogte doen nie. Dis skrikwekkend!

Tanya ·

Nou wasr kry hulle dit dit is mos net Army en SAPS wT daai wapens het ?

Christa ·

Dalk Kan daarvan vir die weermag se ontplooiing gebruik word

Penelope ·

Dankie Vader, dit kon soveel erger gewees het. Die Laerskool in die straat af was besig met ‘n Opedag. Gelukkig is niemand beseer nie. Rustenburg is vol kriminele….

AndrewL ·

En dan moet wettige eienaars hoor hoe gevaarlik hulle is met handwapens!

Mariette ·

My suster hulle het kare op gepas by die skool en als gesien.. Polisi dadelik probeer bel geen antw, Hulle moes iemand van ADT stop om hulp te kry.. Hulle het gestaan en kyk hoe bakkie in geldwa vas ry.. Hulle het aan loop verby haar gemaak…

Annelize ·

Ons bly maklik 3 kilometer van die toneel af. My huis se vloer het onder my voete vibreer toe die wa opgeblaas is. Dit was ‘n onmenslike slag gewees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.