Voertuie brand tydens betoging in Oos-Kaap

Die bakkie wat aan die brand gesteek is. (Foto: SAPD)

Twee vragmotors en ’n bakkie het deurgeloop toe ontevrede inwoners vroeg Woensdagaand vermoedelik oor swak dienslewering in die omgewing van Cradock in die Oos-Kaap opgeruk het.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê inwoners van die omgewing van
Lingelihle en Michausdal het die N10 en R61 met klippe en buitebande wat aan die brand gesteek is versper.

“Vragmotors is met klippe bestook en twee vragmotors en ’n bakkie is aan die brand gesteek.”

Die skade kan na beraming sowat R1,3 miljoen beloop.

Motoriste is aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak aangesien die situasie teen vanoggend nog gespanne was.

Die plaaslike polisie ondersoek ’n saak van openbare geweld.

Een van die vragmotors wat aan die brand gesteek is. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

Die intilligensie agter die motief om privaat eiendom te verwoes is verbasend. Gaan brand nou die brandstigters se eiendom af, dan is die gort gaar.

Persheks Adri ·

Net openbare geweld? Brandstigting onder andere moet eintlik die klag wees! Wie is al toe gesluit van die betogers of sleep die polisie weer voete om hulle werk te doen? Dis net skade en Cele sê niks ai hoed kry jou mense onder beheer wat dit aan jaag toe!

Marlene ·

EN daardie uitgebrande bakkie en lorries gaan nou alles gee waarvoor daar gevra word! Ek het te min grysstof om hierdie handelswyse & denke te verstaan

Dries ·

As dit nou net staatseiendom was wat aan die brand gesteek was, dan kon die EFF dalk nog die saak kom red het. Maar dis maar net privaat-eiendom, so hou verby, nothing to see here.

JohanR ·

Die intelligensie is verstommend. Het Winnie Mandela die selfde intelligensie gehad. of enige intelligensie mat haar vuurhoutjies en dan will hulle Kaapstad se lughawe na haar vernoem? Selfe intelligesie wat ‘n band om iemand se nek sal sit en aan die brand steek, en dan sal die skare daar staan en die braai geniet!

Stefan ·

Hulle brand weer die verkeerde goed af, rig julle tot die wat deur hul korrupsie en diefstal veroorsaak dat daar nie geld vir dienslewering is nie.
Dis altyd die onskuldige maklike prooi wat hul voertuie moet brand.

LiveAndLetLive ·

Die logika agter hierdie betogings maak geen sin nie

Jakes ·

As klipgooi, brandstigting, korrupsie, moord, verkragting en bedrog olimpiese sporte was sou SA elke keer goud gewen het.

johanf ·

Dit verbaas my nie meer nie, veral in die Oos Kaap….. Tragiese SA, ons Regering se eie mense.

Hennie J ·

Hoed beter NOU bevestig hoeveel van die skurke is onder arres en adv. batoi moet NOU bevestig hoeveel van hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord en terrorisme.

johanf ·

Stem 100%, hoogtyd…. Hier naby my eas eergisteraand ń inbraak poging, raai deur wie, een van die hordes wat nou die dag net vrygelaat is, gelukkig het die omie kring televisie. Die perd het sommer sy eie gereedskap kassie gehad……

Spyker ·

Ek doen n beroep op die regering om brandstigting, klipgooi, toy toy en betogings tot Nasionale Sport te verklaar. Dan kan ons ten minste sonder maskers bymekaar kom om iets wettig te doen

Tanniepetoors ·

Wie betaal vir die gemors? Die paar gereelde, wetsgehoorsame belastingbetalers en die eienaars se versekering? Kan die betogers ten minste die gemors wat hul gemaak.het skoonmaak en op hul koste herstel asseblief.

Dup ·

Stem vir die letters A en C dan kwalifiseer jy vir dienslewering betogings.

Punisher ·

Swak diens lewering skep weer werk vir die stropers van skroot sodat hul n inkomste kan verdien daai bakkie is môre weg en verkoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.