Voertuie gebrand tydens PE-protesaksie

Foto: Twitter

Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap het vier mense in hegtenis geneem te midde van ʼn gewelddadige protesaksie in die Motherwell-omgewing.

ʼn Raadslid se kantoor is met ʼn petrolbom bestook en talle voertuie is met klippe bestook of aan die brand gesteek.

Volgens kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het die protesaksie omstreeks 18:00 Dinsdag begin toe ʼn gedeelte van Addoweg deur woedende betogers versper is. ʼn Bakkie is aan die brand gesteek en twee vragmotors is met klippe bestook.

Een van die vragmotorbestuurders het ernstige beserings opgedoen. Die ander vragmotor het lemoene vervoer wat gesteel is nadat die vragmotor met klippe bestook is.

Die protesaksie het vroeg Woensdagoggend voortgegaan met die raadslid se kantoor wat met ʼn petrolbom bestook is. Teen 08:00 vanoggend is nog ʼn vragmotor aan die brand gesteek.

Die protesaksie hou glo met kragonderbrekings in die omgewing verband. Die ontstoke inwoners dring daarop aan dat Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, hulle toespreek.

Volgens Beetge gaan die protesaksie voort en betoog sowat 150 mense buite die Kamvelihle-polisiestasie.

Die vier mense wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging en die beskadiging van munisipale infrastruktuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Ons verneem gereeld van mense wat na ‘n onwettige geweldadige staking gearresteer word. Maar ‘n mens hoor nooit dat hulle gevonnis word nie.

Trok ·

Genade dis nie ‘n bycicle nie, dis ‘n hoeveel ton trok. Wat sal tog nou die trok kan stop as hy op spoed is? Trap die uitvaagsels plat en gaan aan met jou werk.

Nicoline ·

Hoe kan ooit die toekoms inkyk met die verpletterende kultuur van brand, afbreek en vernietig met elke protes aksie. Mense moet tog besef dat dit wat hul afbreek moet herbou word en hul stel net meer en hoër eise. So hartseer dat ons mooi land so verwoes word.

Schalla ·

Ek stem saam, jy weet wat gaan gebeur as jy stop. Jy sal aangekla word van moord maar jy behoort jou te kan verweer dat jou lewe in gevaar was en jy dus geen keuse gehad het as om oor hulle te ry nie – dis immers die waarheid.

Maar ja die “onskuldige” betogers se menseregte sal seker swaarder weeg…. Selfde soos die boere van Uniondale wat op betogers geskiet het wat hulle bestorm het. Media het baie eensydig oor dit berig. Wat het daarvan geword?

Strandloper ·

Nee jong hul het net mooi respek vir niks op aarde nie….net snaaks hul het nog hul eie huise begin afbrand nie!

Katryn ·

Dis tyd dat die mense begin betaal vir hulle dade geld wat vir huise krag en paaie gebruik moes word moet aan die mense wat verlies ly gegee word en die betogers moet ook bydra

toy ·

Kry daai wat so afbreek, sodat hulle kan begin bou en herstel sonder vergoeding. Hulle moet 2 keer dink voor hulle ‘n hand sal optel om ‘n klip te gooi of iets te brand.

JK ·

Sal jý op die 3de verdieping stap waat hulle gebou het? Nee wat, maak van kant

Static ·

Ag wat, nie te ernstig nie. More staak hulle want die paaie lyk sleg.

Magda ·

Mooi man – alles is een van die dae afgebrand – dan is daar niks en kan julle wat alles op n goue skinkbord gekry het – dit van vooraf opbou met julle eie belasting geld . Dalk sal julle dit meer waardeer.

HPV ·

Dit is juis hoekom hul vir die regerende party gestem het. Hulle is voor die verkiesing toegelaat om te brand en plunder, net soos hulle ook nou na die verkiesing doen.

marous ·

Waarom nie poging tot moord en roof nie ? Waar was die brawe polisie ? Seker op hul merke , gereed en as die skoot klap te hardloop . Siek vrot land !

George in Bloem ·

Die polisie monitor die situasie blah blah blah.En na al daai skade word 4 uitvaagsels in hegtenis geneem? Rerig? Net 4? Hulle moet sekerlik die besigste 4 wees ooit in alle opgetekende kriminele voorvalle in die geskiedenis? Ooit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.