Voertuie in Noordwes aan die brand gesteek

Die bus wat aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf

Verskeie voertuie wat aan die Bapo-Ba-Mogale-stam in Bapong naby Brits in Noordwes behoort, is aan die brand gesteek.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê vier voertuie en ʼn bus is aan die brand gesteek.

Vladimir Mogale, die stam se woordvoerder, het gesê die brandstigtings volg nadat verskeie werklose mense Woensdag na die koninklike paleis opgeruk het om hul besorgdheid oor werksgeleenthede by die myne uit te spreek.

“Die werkloses het kwessies met leierskap opgebring wat verband hou met werk. Hulle is gefrustreerd dat hulle nie werk kry in terme van ʼn vorige ooreenkoms nie. Dit het tot die brandstigtings gelei,” het Mogale gesê.

In Julie vanjaar is ses vragmotors en twee busse in Bapong aan die brand gesteek tydens ʼn betoging wat ook met werkloosheid te doen gehad het.

Funani het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veritas ·

Gavin jy sal die mense nooit verstaan nie. Hulle redeneer al in die rondte. Die spul is kapabel en brand hul eie huise af omdat die kontrakteur die verkeerde handelsnaam verf gebruik het. Dit terwyl hulle nie eers vir die huise betaal het nie. Laat ons asseblief weet wanneer jy uitgevind het hoe hulle koppe werk.

Jon ·

LOL ja nee, en dan verstaan hulle nie hoekom daar nie busse is nie.

Oe-la-la ·

Die Bapong Koning is self geimpliseer as opperste verkwister van openbare fondse.

Stienie ·

En more verwag hulle n bus moet hulle by werk gaan aflaai!

frikkie ·

Die aarde is oorbevolk, werk is skaars en die wat nog daar is word uitgebrand wat meer werksverlies bring. Misdaad raak die hoogte in en mense raak moedeloos. Hel is besig om die hele aarde toe te sak en slegs n uitwissing van 2 biljoen sal die ewewig herstel vir weer 50 jaar. SA is 20 jaar verby sy suiwerings oorlog .

Theresa ·

Dink baie witmense onder die broodlyn sal daai huisies en buste, baie waardeur en ek dink better oppas soos ons geleer is want nooit is iets vir ons gegee nie, jy moes dit verdien. Kan nog my trots onthou toe ek my eerst mini koop met ‘n deposito van R1085 splinter nuut uit die boks. Of my broers wat army to gaan vir die 2 jaar hulle was trots om op te staan vir hulle land en dit gewys op netjiese uniforms. As die regering nie wys hulle gee om deur hulle te leer nie gaan hulle niks waardeer nie. Soos Zuma se hulle het nie nodig om te werk nie hulle moet net kos op die tafel sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.