Voertuie in Vuwani met klippe bestook

Argieffoto

Argieffoto

Vier voertuie, waaronder ʼn polisievoertuig, is Woensdagaand in Vuwani in Limpopo beskadig.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die voorvalle het tussen 21:00 en middernag in die Vyeboom-omgewing plaasgevind.

“Mense het die voertuie met klippe en bakstene gegooi. Die polisievoertuig wat beskadig is, was in die gebied besig om patrollie te doen. Die rede vir die optrede is nie bekend nie,” het Otto gesê.

Geen beserings is aangemeld nie. Niemand is nog in verband met voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde was Donderdag nog in die gebied om die situasie dop te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Asjas ·

Ek kan nie wag vir hierdie bleddie verkiesing om verby te wees nie. Ek gaan beslis stem maar ek hoop dat dinge sal normaliseer na die 3de.
Dis asof ons getart word oral waar ons gaan of ry, hulle soek skoor, maak moeilikheid en jaag aan. Probeer hulle kyk of hulle ons kan laat snap voor die verkiesing? Vanoggend word my kar sommer met gemors gegooi en ek het maar net my eie ding gedoen. As dit wit mense was het ek hulle varke genoem, maar dit was nie wit mense nie.

vierkleur ·

Ek dink dige gaan net vererger na die verkiesing. Meer onluste,meer onmin in die ANC & EFF sal als tot sy voordeel wil gebruik

gerhard ·

dit gaan net erger word. hulle kla die candidate is nie die wat hulle gekies het nei, maar die anc doen niks om te verander nie. volgende verkiesing gaan nie plaasvind nie want zuma gaan staan vir n derde termyn. as ons tot dan nog gaan vrede he in hierdie land. binnekort gaan die hele land onder vuur en bloed loop. siener van rensburg

plaasjapie ·

Moet net nie met klippe terug gooi nie…as jy wit is gaan hulle die aanvallers los en jou toesluit !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.