Voertuie rol van pad af ná botsing; drie dood

Foto: ER24

Drie mense is dood en sewe ander beseer tydens ʼn gru-botsing tussen ʼn motor en ʼn taxi Sondag op die N4 tussen Brits en Rustenburg.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 15:30 na die toneel ontbied. Daar het hulle gesien albei voertuie het by ʼn wal langs die pad afgerol en in die veld tot stilstand gekom.

“Verskeie insittendes in die taxi is uit die voertuig geslinger. Een van hulle was ʼn kleuter van ongeveer twee jaar oud wat matige beserings opgedoen het,” het hy gesê. Twee mense wat naby die taxi gelê het, het reeds aan hul beserings beswyk. Nog ʼn persoon, ʼn passasier in die motor, is ook op die toneel dood verklaar.

Foto: ER24

“Die res van die beseerdes is op die toneel vir verskillende beserings behandel, voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is,” het Vermaak gesê. ʼn Gedeelte van die N4 was vir ʼn ruk gesluit terwyl die polisie op die toneel besig was.

Die oorsaak van die botsing is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pop ·

Die oorsaak van die botsing is nie beke d nie se hulle. Daars n taxi betrokke. So daars die oorsaak. Hulle het in moordmasjiene op ons paaie verander. En deesdae het hulle ook die vermoë om n hele stad tot stilstand te bring.

Wouter ·

VAT- violence, aids and taxis gaan nog ons land se ondergang wees.

Jeannette ·

@Wouter – nee “VAT” gaan nog húlle ondergang in die land wees – en ek is seker julle weet van wie ek hier praat …….

Lizl ·

Gewoonlik as ek van `n ongeluk en taxi lees, blaai ek verby, my simpatie le nie daar nie. Behalwe as die taxi ander onskuldiges beseer het. My simpatie le by die plaas moord slagoffers en al die ongeregtigheid wat plaasvind in ons howe.

CB ·

Lizl wat vir my hartseer is is dat die passasiers in die taxi onskuldig is en uitgelewer is aan die taxi bestuurders. Dit is hoe hul by die werk en tuis kom. Die bestuurders is 100% verantwoordelik vir hul bestuursgedrag. Maak m ens woedend

Jan ·

Dis belangrik om te weet wat die oorsaak van die botsing was. Dis n dubbelweg wat vir kilometres reguit is. Hoe vind n botsing in daardie omstandighede plaas? Meganiese probleme of roekeloosheid?

Anita ·

Hierdie gedeelte van die N4 tussen Brits en Rustenburg is DIE gevaarlikste pad. Ek ry 120 km/u dan lyk dit of ek parkering soek. Sommige bestuurders beskou hierdie pad as ‘n renbaan en neem niemand in ag nie, gaan motors op draaie en sperstrepe verby. Ongeduldig en roekeloos kan nie van hierdie bestuurders beskryf nie

thelsa ·

Enigiemand wat hierdie pad ry sal WEET dat vragmotors en taxi’s geen agting het vir sprestrepe nie. Daar word van jou VERWAG om in die geel noodbaan te ry sodat hulle kan verbygaan. Moenie vergeet van die bestuurders met die 16 maalsom-voertuie nie. Hulle ry op jou agterend dat die nommerplaat wegraak in jou truspieël. Daardie pad is nie jou speelmaat nie. Jy moet wakker slaap !!!!!

Andrea ·

Ek weet die daai deel van die N4 is vir die chrome carriers gebou, maar genade, dis n nagmerrie met daai trokke, taxi’s en jaagduiwels op daai pad. As dit reën soek ek aftrekplek in Brits of Harties;jy soek jou dood om dan op daai pad te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.