Voertuie tydens taxibetoging aan die brand gesteek

Die voertuie wat aan die brand gesteek is Foto: SAPD

Die voertuie wat aan die brand gesteek is Foto: SAPD

Vyf voertuie is Saterdag by Boitekong-winkelsentrum in Rustenburg, Noordwes, aan die brand gesteek.

“Taxibestuurders het glo onwettige metertaxioperateurs aangeval en hulle daarvan beskuldig dat hulle hul taxi’s bedryf op roetes rondom die Boitekong-sentrum en omliggende gebiede,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens inligting het bestuurders van ʼn sekere taxivereniging die winkelsenturmparkeergebied bestorm en voertuie verwyder wat na bewering onwettige metertaxi’s is, dit tot buite die perseel gestoot en daar aan die brand gesteek.

“Die taxibestuurders het na bewering ook twee onbekende mans aangeval. Die mans is met ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem,” het Molale bygevoeg.

Die polisie stel ondersoek in. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Intussen het Sanco (die SA National Civic Organisation) in Noordwes die voorval veroordeel. “Die situasie moet nie handuit ruk nie,” het Paul Sebegoe, provinsiale voorsitter, gesê. “Ons versoek wetstoepassers om die veiligheid van pendelaars te verseker.”

Sebegoe het owerhede versoek om alles in hul vermoë te doen om verdere gewelddadige konfrontasie, lewensverlies en vandalisme te verhoed.

“Ons gemeenskap verdien ʼn doeltreffende openbare vervoerstelsel wat deur zero-toleransie verkeersowerhede ondersteun word om spesifieke roetes te beskerm,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Winston ·

In hierdie wettelose land kan geen besigheid sinvol bedryf word nie. Die regering het die standaard gestel. Louis jy is reg. “Gees van vernietiging” wat nou oor die hele land spoel en dan wil sommiges hê ons moet ons kop in die sand druk en dink dit sal weggaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.