Voertuie vir Zuma-vroue met polisiegeld gekoop

Argieffoto van 'n Range Rover 2013 ter illustrasie (die voertuig in die foto is 'n sportmodel)

Argieffoto van ‘n Range Rover 2013 ter illustrasie (die voertuig in die foto is ‘n sportmodel)

Die minister van polisie het vandag bevestig dat voertuie oor drie boekjare uit die begroting van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir pres. Jacob Zuma se vroue aangekoop is.

Minister Nkosinathi Nhleko het vandag, in antwoord op ʼn vraag van die DA, aan die parlement bevestig meer as R8,6 miljoen is oor drie boekjare, tussen 2012 en 2016, spandeer aan voertuie vir Zuma se vroue.

Volgens Nhleko is vier Range Rover-voertuie, twee Land Rover Discovery-voertuie, twee Audi Q7’s en drie Audi Q6’e aangekoop.

Hy het gesê die voertuie is aangekoop om “omvattende beskerming” te bied vir BBP-gades.

Zakhele Mbhele, DA-LP, het gesê die voertuie wat die afgelope vyf finansiële jare aangekoop is, kon aangewend word vir 116 universiteitstudente vir ʼn jaar, of 38 studente vir ʼn drie jaar-graad. Die geld kon ook 61 bykomende polisiebeamptes vir ʼn jaar lank gefinansier het, of 1 315 werknemers vir die departement van openbare werke.

“Die president het egter besluit om die yslike bedrag geld te spandeer aan luukse voertuie vir sy vroue,” het Mbhele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Johann ·

En dis waarskynlik die punt van die ysberg? Van die veelvoudige “dames” leef in luuksheid in en om die woonbuurt oorkant ons. Zuma kan onmoontlik op sy verklaarde inkimste so n leefstyl bekostig. Wat en waar het Zuma en sy gevolg die land al gekos? En nie net aan direkte kostes nie: verliese in die ekonimie en werksektor en en en. Maar dan is sy verskonung seker hy kan nie sulke groot bedrae BEGRYP of lees nie?

Marietjie ·

Ag nee, genade!!! Elke dag net meer en meer korrupsie en spandabelrigheid van die nr 1 dief in SA!!!

Floors ·

Yip…punt van die ysberg. Weet nie meer wat om te se nie.. 8.6mil lyk darem of hy besig is om af te skaal. Oja hoeveel kos die “jet” ons nou weer.

Uys ·

Nou hoeveel vroue het hy regtig en hoeveel van die motors is nog op die pad en wat is die km.
Watter model Range Rover is gekoop en wat is die brandstof verbruik van al die karre. Is dit nodig?
Natuurlik moet ons nie van die bloulig begeleiding voertuie vergeet nie.
Dis wat die DA ook moet vastel.

wilma ·

Ai hulle kan darem lekker geld mors. Gee v die armes ook v die geld

Scalla ·

Hou hul dom, maar waar skelmgeid ter sprake is dan is hul super slim, korrup

Jan maak n Plan ·

Die huishulp sal ook vir hom se Liefie – kan sy ook maar n ou karretjie kry???

KP ·

Hoe gouer ons afgradeer word na junk status hoe beter sal dit wees. Hopelik dan minder geld om te steel. HIERDIE LAND IS N GRAP.

antonie ·

ons is nou, na 20 jaar vinnig besig om te transformeer na n afrika land. de klerk het jare gelede die wit nasie omgepraat en verneuk met sy wigte en teenwigte b.s., (maar hy glo nog steeds ‘democracy’ is ‘tops’) , en sodoende die wit mense gedwing om die anc korrupsie, die oorneem van mynregte, die wegneem van plase, die wegneem van ‘eietaal’ onderig, AA BBBEE te sluk, ‘hook, line and sinker’-

Raadop ·

Wanneer gaan hierdie klug stop?
Kan iemand nie iets doen om hulle vervoer te beperk nie….maar moenie die ander ministers weggooi nie!!

HEVW ·

In die komende verkiesing het die opposisie beslis meer skietgoed as die anc en bovenal het dit met die waarheid te make. Die vraag is net of dit doeltreffend aangewend word en bereik dit die werkloses en honger mense waar dit die hardste kan tref.

Sand ·

Dis waarom die opposisie en kleiner partye nie oorvat nie, want hulle verduidelik dit nie in eenvoudige taal aan die swart meerderheid nie. Dis so eenvoudig: Hulle moet net noem hoeveel huise, beurse, werksgeleenthede en so aan direk deur zuma en ander korruptes weggevat word, maar hulle doen nie. Die swart stemmers moet bewus gemaak word dat dit eintlik hulle geld is wat Zuma so steel!! Waarom se die DA, UDM, Cope en ander dit nie so duidelik nie??

Lance ·

Die ou steel lyk my oral wat en waar hy nou kan …wat n skande SA is nou n joke of note !!

Des ·

Maar die PKRS het nie papier of toner om hul dosiere mee te bou nie. Soms is daar oom nie peier om vingerafdrukke mee te neem nie. Hierdie spandabelrigheid moét ent kry. Almal wat hierdie lees moet dit net verkondig aan hul huishulpe en tuiniers en enige potensiële ANC ondersteuner.

Wat-ek-lees ·

Skooleksamen vraag: “Vir hoeveel Range Rovers kan ek Zuma se vrouens ruil ?”

Boela ·

Tyd vir ‘n algehele belastingboikot om ten minste een van hierdie skurk en sy meelopers se inkomstebronne weg te neem.

Blondie ·

Nou gaan hy se ‘jammer ek het nie geweet dis verkeerd nie’ en dan gaan ons aan asof niks gebeur het nie…

Johan ·

Hoeveel begrotings gaan hy nog roof en daarmee weg kom, hoe kry hy dit reg, kontakte oral?

Des ·

Oo ja en SAPD het nie genoeg voertuie om mee te ry om misdaad te bekamp nie.

Simon ·

Sluit Zuma en zyn corrupte familie op in die tronk en gooi de sleutels weg.

Herman ·

Dit sal BAIE beter gaan in SA as almal terugdraai na God…dan sal niemand meer wil steel nie, want hul sak dan God jn hul dra!!

Maljan ·

Dis helemal belaglik. Hulle mors ons land se geld. Ek het nie geweet hulle kan al Q6’e ry nie want die produksie daarvan begin eers in 2018 en sal 2109 beskikbaar wees. Gelukkige vroue.!

Cherokee ·

As die polisie vir Zuma se vrouens karre kon koop moet die bankrot poskantoor vir hom ‘n êrreplain koop.

janine ·

Lekker om die witmense se belasting geld vir sy vroue te gebruik. Die polisie het nie n voertuig en petrol as hulle uit geroep word nie maar jz se vroue word karre gekoop. Wat n pateet om ons geld so te steel.

Uit die Ooste ·

Tiger, nee dit is oom Jan van Riebeeck se skuld hoe dan anders !!!!!

Sarie ·

Dis ‘n misdaad teen die nasie. Geen skaamte nie. Hoe slaap hierdie mense. Om so oop en bloot te lieg en bedrieg en te steel. Dis ‘n skreinende skande. Waar is die leiers in die ANC?

Joann ·

Antonie ek stem. Eksamen vraag: wie het die meeste vrouens en kinders in die land? Wie betaal vir al die ou se uitgawes. Maklike vrae ne?

Berhalet Beukes ·

En die nie een van die besighede by wie die voertuie gekoop is het die ruggraat gehad om nee te sê om só besigheid te doen nie en sodoende hul integriteit te behou nie? Ek wonder wat hulle sal doen as die publiek begin om hulle te boikot omdat hulle blatante korrupsie ondersteun?

Irene Myburgh ·

Julle almal sit die pot mis. Kyk wat staan in die berig. “omvattende beskerming te bied vir BBP gades” Shame die klomp is so bang vir die mense wat vir hulle stem dat hulle elkeen ‘n motor nodig het om in weg te kruip, Ek verstaan nie die stelling “omvattende beskerming” Ek meen hoeveel van ons gewone landsburgers staan en wag vir publieke vervoer wat nooit opdaag nie, dit is gevaarlik om 05:30 in die oggende te staan en wag vir vervoer. Maar sy vrouens het elkeen ‘n motor.

Gesiggie ·

Weet jy ek verstaan nie? hoe kom Zuma’tjie weg met al die aanklagtes teen hom, maar dit is Ok… hy mag maar want hy kan..? maar wat van die ander klein dinge in die lewe, soos mense wat per ongeluk n fout gemaak het… nee hulle moet betaal”’ dit n groot skandaal…Laat die Land maar vergaan… laat die mense maar suffer, solank Zuma gelukkig is is als 100%… Dit maak n mens siek…

antjie ·

OEEEE ek wonder het zumpie se vrouens wettige lisensies om daai motors te ry……….lol of is dit oor die toonbank gekoop…….

Donovan ·

ons moet se dankie dat die Zuma clan nog nie Fouche motors in Vanderbijlpark raak geloop het nie, want dan het ons vir Rolls, Bentleys en Ferrari’s vir betaal… Ek wonder as n mens mooi gaan kyk of die arme Guptas maar net n rook skerm vir die werklike skelms was nie… Zuma gaan seker ook op Dubai aftree… en v villa van $30m koop met my en jou belasting geld… Hierdie bende kan op hulle kniee gaan en se dankie ek werk nie meer vir SARS nie, n oproep destyds van Finans minester Barend Du Plessis het ons nie eers gestop nie… ons het n job gehad om te doen en jy het dit deur gevoer…

albert ·

Einlik is darem so effens gespaar – se nou net hy het vyftig vrouens gehad??

christa ·

Ek kan glo dat niemand iets kan doen nie dis vreeslik hoe dit gaan ons land gaan slegter lyk as ZIM en dan nog n simple president ook Nee moenie se dat niemand iets kan doen nie D A gaan aan jul gaan nog baie goed oop krap dan wer gaan hy se hy het nie geweet ons kan beter verwag nie want het mos net ST 2 ek is n pesonaris en ek moet met my voet loop want ek het nie geld om klein voertuig te koop die vroue het serker nie een n lisensie nie raak ontslae van hom.

kietsie ·

Zuma het sy paleis in nkandla? In hoeveel ander lande het ons belasting betalers nie al vir hom en sy familie en aanhangsels groter en duurder paleise gebou nie. Die DA en die ander partye moet biekie ondersoek instel. Die Zuma’s is van die bangste mense wat leef en hulle sal verseker in verskeie lande, veral China en in die ander Brics lande huise he!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.