Voertuig-eienaars kan aan die pen ry oor eNatis se onbetaalde Telkom-rekening

Argieffoto (Foto: qimono, Pixabay)

Voertuig-eienaars kan nou moontlik die gevolge dra van eNatis se onvermoë om sy Telkom-rekening van R8 miljoen te betaal aangesien eienaars ingevolge die Nasionale Padverkeerswet beboet kan word indien hul voertuiglisensies nie betyds hernieu word nie.

Só sê Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus. Volgens hom het ʼn werknemer van eNatis Donderdag aan die party erken dat hul stelsels “van lyn is” weens die uitstaande rekening en dat eNatis tans met Telkom onderhandel om ʼn oplossing te vind.

Hy sê die VF Plus het ʼn brief geskryf aan die minister van vervoer, Joe Maswanganyi, waarin hy gevra word om dringend aandag aan die probleem te skenk en om vas te stel hoe dit ontstaan het.

“Dit is skandelik dat duisende voertuig-eienaars gekriminaliseer en beboet kan word weens die onbevoegdheid van die eNatis-stelsel se bestuur. Indien daar nalatigheid betrokke was, moet die skuldiges verantwoordelik gehou word,” het Alberts bygevoeg. “Daar is na verneem word ʼn dispuut tussen Telkom en eNatis oor die rekening, maar dan moes eNatis betyds ʼn reëling getref het dat die lyne aktief bly hangende ʼn oplossing vir die dispuut.”

Alberts meer voertuig-eienaars is nou uitgelewer aan ʼn disfunksionele staat net soos talle mense dit daagliks op ander gebiede ervaar. |Die VF Plus versoek die minister om in belang van motoriste dringend in te gryp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Rudy ·

Om nie jou voertuiglisensie te hernu nie, is nalatigheid. Die staat sal moet bewys dat ek versuim het om my lisensie te hernu. As ek alle redelike pogings aanwend, en die lisensie-owerhede is onkapabel, het ek geen versuim gepleeg nie. Dis soos om ‘n brood te koop by ‘n hardeware winkel. Jammer, Anton Alberts, maar dis sommer bog.

Nico ·

Ek wil nou nie ‘n regsmening uitspreek nie, Maar of dit bog is of nie, die ou met die blou ligte en boek gaan jou steeds ‘n kaartjie gee. Dws hy gaan jou tyd mors, Jy gaan moet vertoe insit ens ens. So stop eerder die ding op bestuursvlak sodat ek en jy nie afgetrek word deur onkundige/moedswillige beamptes en ons tyd gemors word nie…

Gerrit ·

Sal net wil weet waar de hel is al die geld heen wat ons betaal vir die lisensies……

Charl ·

Ja, stem saam.aangesien die RTMC en die Regering vir die afgelope 6 maand nie vir Tasima, wat die stel be stuur het, ook nie betaal het nie. Net so interesant is dit dat hierdie probleme begin self een week nadat RTMC geweldadig die perseel van Tasima oorgeneem het wat ‘n nationale sleutelpunt is….dink ons gaan nog baie meer hier van sien in die afsienbare toekoms…

Nico ·

So, kan ons steeds by Poskantoor hernu? Anders moet ons maar ophou betaal soos met Sanral en Sauk..

Alida ·

Ag wat is nuut? Tipies onbevoedheid en skelms. Die Poskantoor is n lekker uitweg maar soms het hulle nie die regte papier om die skyfie uit te reik nie! Aanvaar maar dat ALLES in SA in duie stort. Wie moet ons bedank?

Freud ·

Die poskantoor is weliswaar nie van lyn af nie, maar die eNatis stelsel is. Solank hulle van lyn af is kan die poskantoor ook nie by hulle stelsel konnekteer nie.

Johann ·

As ek reg is is die toekenning van die kontrak ook n warm patat? Melk al wat n moontlike korrupte inkomste is droog…gewetenlose selfsugtige ANC kronies!

Justice ·

Die departement van Vervoer is ‘n spieelbeeld van die ANC se totale gebrek aan effektiewe leierskap. Johann jy is 100% korrek – die E-NATIS Tasima / RMTC / Twala debakel van loongunse (bribery) en korrupsie is ‘n direkte oorsaak hiervan.

Ronel ·

Hoekom moet daar alewig deur de tipe instansies en munisipaliteite reëlings getref word oor agterstallige rekeninge? Betaal die goed as jy die rekening kry. hoe moeilik is dit om dit te verstaan???

Linda Bartfai ·

en in Secunda word jou krag afgesny as jou rekening net R10 uitstaande is op die 1ste van die maand. Ons kry ons rekeninge per epos. Die munisipaliteit se ons moet 7 dae voor die 1ste van die maand betaal want dit vat hulle 7dae om betalings na rekeninge te allokeer. Hoe nou gemaak? Nou weet ek hoekom niemand nog hulle rekeninge per epos of sms ontvang het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.