Voertuig met dagga slaan om tydens jaagtog

Foto verskaf deur die Valke

ʼn Voertuig wat minstens R500 000 se dagga vervoer het, het tydens ʼn jaagtog met die polisie in Wildernis in die Wes-Kaap omgeslaan.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê ʼn span beamptes van George se ernstigegeorganiseerdemisdaad-eenheid, beamptes van die eenheid vir openbare orde, misdaadintelligensie, die honde-eenheid en ʼn taakspan van Eden-polisie het vinnig reageer op inligting oor ʼn voertuig wat van die Oos-Kaap na George op pad is met ʼn vrag dagga.

“ʼn Voertuig, wat by die beskrywing pas, is opgemerk en die beamptes het dit agternagesit,” het Nkwalase verduidelik. “Die voertuig is suksesvol onderskep voor die bestuurder uit die bewegende voertuig gespring het. Die voertuig het die pad verlaat en met ʼn passasier in ʼn sloot beland. Die passasier het geringe beserings opgedoen.”

Die beamptes het beslag gelê op dagga ter waarde van ongeveer R500 000.

“Die 28-jarige verdagte is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Hy sal na verwagting Maandag in die George-landdroshof verskyn op aanklag van handeldryf met dagga en roekelose of nalatige bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

'n Simpelman ·

Kla ook aan van regulasies oortreding.
Mag mis nie rookgoed verkoop????

JohanR ·

Lyk my met die sigaret verbod, het mense maar na dagga gedraai vir ‘n rookie….

Johan ·

Dit lyk my hulle het so in die ry alles probeer oprook om van die bewyse ontsla te raak.

Karlahari ·

Is die bestuurder die 28 jarige verdagte wat in die hof moet verskyn of is dit die passasier wat in die voertuig vasgekeer was?
Daar behoort 2 verdagtes te wees????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.