Voertuig met leerders in Kaapstad gekaap

(Foto: Alan Winde/Twitter)

Kaapse wetstoepassers het toegeslaan op ʼn bende kapers wat ʼn groep skoolkinders vervoer het, kort nadat die gewapende rowers die leerders langs ʼn pad begin aflaai het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in die Kaapse metroraad, sê beamptes verbonde aan die stad se Gevorderde Wetstoepassingsplan, beter bekend as LEAP, het Maandag omstreeks 13:45 gereageer op ʼn oproep oor die kaping.

Volgens Smith het die beamptes gesien hoe die verdagtes altesame 17 skoolkinders op die N2 in die rigting van Kaapstad aflaai.

“Toe die verdagtes besef dat die beamptes hulle nader, het hulle die bosse ingevlug,” sê Smith.

Een van die vermeende kapers, ‘n 16-jarige seun, is kort daarna met die hulp van ander beamptes aangekeer. Die motoris by die wie die Toyota Avanza gekaap is, het die verdagte ook reeds as een van die vermeende betrokkenes geïdentifiseer.

ʼn Saak van voertuigkaping en menseroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Wil ek ook weet! Dis 10 meer as wat die voertuig voor gemaak is!

Samuel ·

Nou is selfs skoolkinders nie meer veilig nie!! Hoe siek is hierdie mense.

Ovelia ·

Man met die hoek jy beter nou optree. As die vvvvvdmmm kapers nou al kinders kaap. Waar gaan dt eindig. Ek die bravos en whiskeys is al gatvol vir dit en jy wil ons wapens vat. Kry eers al di onwettiges dan praat ons weer. Dis maklik om nou te worry waar ddie trash hul univorms gekry het. Dink mooi

Di ·

Op 16 en al klaar ‘n KRIMINEEL! Waar gaan hierdie land opeindig, geen hoop en toekoms vir ons kinders nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.