Voertuig met man in kattebak aan die brand gesteek

‘n Foto van die toneel (Foto: Twitter via Perfect Mabaso)

Die departement van vervoer het Vrydagaand in ʼn verklaring gesê hy is geskok oor die gru-ontdekking van ʼn man se liggaam in die kattebak van ʼn motor wat in Sunnyside in Pretoria aan die brand gesteek is.

Luidens die verklaring is die man, ʼn werknemer van die Taxify-huurmotordiens, in die kattebak van die voertuig ingeboender en toe na ʼn oop veld in Sunnyside geneem waar die voertuig aan die brand gesteek is.

“Die departement veroordeel hierdie onmenslike daad ten sterkste en doen ʼn beroep op die polisieowerhede om geen steen onaangeroer te laat in die ondersoek om die skuldiges vas te trek nie,” lui die verklaring.

Die departement het sy meegevoel aan die familie van die oorledene oorgedra.

Intussen het Taxify op sosiale media gesê hy is geskok oor die voorval en “diep hartseer oor die verlies van ʼn lewe”. “Dit is onaanvaarbaar dat enigiemand wat van Taxify gebruik maak in gevaar moet wees. Ons doen ʼn dringende beroep op die polisie en die regering om die veiligheid van die bestuurders én die passasiers te verseker en versoek die publiek om nie reg in eie hande te neem nie,” het die motordiens op Twitter gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KG ·

Ek stem ja, was ook my eerste gedagte toe ek die opskrif sien.

doris ·

Dit is vreeslik hoe mense nou ontvoer word en hulle voertuie se kattebakke in geboender word en dan word die voertuig aan die brand gesteek kyk net op maroela media hoeveel sulke berigte daar is ek dink dit het nou tyd geword dat sulke mense wat inhegtenis geneem word nou swaar gestraf moet word want dit is nou n nuwe gier wat kop uitsteek.

Sarel swartbrand ·

Die vraag wat gevra moet word is waar was die metro en sapd tydens hierdie aanvalle waarvan fotos deur nuus 24 se fotograwe geneem is ?

Derik Oliviet ·

Daar is nie wet en orde in SA nie. Alles is korrupt. Memes kom weg met moord.

WB ·

Dis vreeslik om so wreed te sterf! Ek dink n mens moet hieruit leer en n wapen in die kattebak bere en dis tyd dat vervaardigers n noodopening van binne na buite maak. Dis nie die eerste keer wat mense so sterf!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.