Voertuig ploeg in voetgangers in

Foto: Rescue Care

Agt mense is beseer nadat ʼn voertuig Vrydagaand in die Punt-gebied in Durban die pad verlaat en in ʼn groep voetgangers op ʼn sypaadjie ingeploeg het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het omstreeks 23:30 in Mahatma Ghandi-weg gebeur. Volgens Jamieson het die voetgangers op die sypaadjie vir ʼn bus gewag toe die voertuig hulle getref het.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het ons algehele chaos gevind,” het Jamieson gesê. “Agt voetgangers is raakgery. Vier vroue het kritieke beserings opgedoen en hulle moes op die toneel gestabiliseer word voordat hulle na nabygeleë hospitale gehaas is. Die ander vier mense het geringe beserings opgedoen en is ook na hospitale geneem.”

Jamieson het gesê die oorsaak van die voorval is nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel om dit te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JA NEE ·

N’ drongat of n’ ISIS voorval? n’ ander berug praat van ISIS wat hier will begin oor vat

Lize ·

So die ander 4 was net mense. As daar 8 mense was en 4 was vroue, dan moes die ander 4 kinders of man’s gewees het maar die joernalis sê dit nie. Ek lei dus af die 4 vroue is nie mense nie. ???? Jammer maar ek dink dis swak beskryf.

LB ·

Nee dit was nie die bestuurder se skuld nie, dit was die voertuig wat die pad verlaat het…

Gatiep ·

As dit isis is JA NEE dan gaan hull baie besig wees in s.a. , hier is miljoene .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.