Voertuig ry bo-oor wag in parkeerarea

‘n Skermskoot uit die video toon hoe die veiligheidswag voor die bakkie staan. (Video: Intelligence Bureau SA)

ʼn Video van ʼn veiligheidswag wat in ʼn parkeerarea van ʼn winkelsentrum in Stellenbosch oënskynlik met opset deur ʼn motoris raakgery word, het Dinsdag opslae op sosiale media gemaak.

Die video wat deur Intelligence Bureau SA op Facebook geplaas is, wys hoe ʼn wit Corsa-bakkie die parkeerarea binnekom en in ʼn parkeerplek intrek. Die beeldmateriaal spring dan na waar die voertuig ʼn ruk later uit dié parkeerarea trek. Die veiligheidswag probeer die verkeer reguleer en staan effens voor die motor. Die motor ry dan oomblikke later oor die sekuriteitswag wat vermoedelik nie uit die pad wou beweeg nie.

Sosialemediagebruikers het met skok en afgryse op die video gereageer.

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het die gebeure in die beeldmateriaal aan Maroela Media bevestig.

Volgens Traut het die voorval op 30 April tussen 14:30 en 15:00 plaasgevind.

“Die sekuriteitswag was aan diens in die parkeerarea en het die verkeer gereguleer. Hy het die motor aangesê om om te draai aangesien die motor in die verkeerde rigting gedraai het om uit die parkeerarea te ry. Die bestuurder van die motor het die sekuriteitswag [met die motor] teen die grond gestamp en oor hom gery,” verduidelik Traut.

Die wag is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Sy toestand en die aard van sy beserings is in dié stadium onbekend.

Volgens Traut ondersoek die polisie ʼn saak van poging tot moord.

*Weens die ontstellende aard van die video het Maroela Media besluit om nie die video te publiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ai ·

Ai party mense hou daarvan om vir hulle self moeilikheid te maak. Wat het hy nou daarvan. Amper iemand se dood veroorsaak. Arme Veiligheidswag, het ook maar net sy werk gedoen.

Botterblom ·

Dit is wat ek my oor en oor self afvra…. waarom mense goed doen, skryf op fb ens. wat hulle besef gaan vir hulle moeilikheid voorsien op die end. Niemand is totaal onaantasbaar nie en met sosiale media en google sowel kameras en cellfone is jou moeilikheid geboek…. Grootkoppe se koppe het al gerol oor ‘n verkeerde woord of klap… Na al die dinge, plaas mense hulself nogsteeds in posisies waar hul als kan verloor op die end…. Jy maak nie meer grappies met mense nie, als word in verkeerde lig gesien. Niemand is jou pel nie, hulle gaan vir iemand vertel (en as hul dalkies kwaad is vir jou). As jy wil iets sê, skinder, of wat ook al. Gaan op jou knieë en vertel dit vir God. As jy nie glo nie, vertel dit vir jou spieëlbeeld in die spieël… Bly weg van “comments” af.. al het ander iets gesê gee dit jou nie die reg om dit ook te sê nie… Laat los, loop weg… haal asem en weer en weer as jy moet.. Die wêreld met al hul haat ens. het hul sin vir humor verloor…

Anoniem ·

Die feit dat hierdie motoris net wegry nadat hy die wag raakgery het is uiters ontstellend. Hoop hierdie motoris word opgespoor.

Dries du Toit ·

Die mense in die land raak mal. Die verkiesing dra ook nie by nie. Ek bespeur opgewondenheid, agressiewiteit, depressie en moedeloosheid wat hande uitruk in die laaste tyd. Ons kan maar net op kns kniee gaan en bid

Foxi ·

Hoop hulle het die drywer opgespoor. Seker iemand wat net ‘FEDUP’ is van als!

Petro ·

Fed up is geen verskoning nie. Ek is gereeld baie ” fed up “, maar sal nooit in my lewe ‘n onskuldige mens omry en dan bo-oor hom ry nie.. NOOIT! Die bestuurder is ‘n krimineel en hopelik sal hy aangekeer en toegesluit word. Hoop die wag kom heel anderkant uit.. Arme man ?

JJ ·

Dis al vanoggend bevestig dat die bestuurder reeds gearresteer is.

Hoop hy kripeer in tronk ·

Ek hoop die manne in die tronk reken met die poger tot moord af.

Herman P ·

Dalk gedink dis n kaper of iets mense is al so senuweagtig met al die geweld misdaad in die land

Jerryb ·

Hierdie drywer moet onmiddelik toegesluit word. Hy is n gevaar vir almal.

mitz ·

Dit is skokkend! Ek het die video gesien, die sekuriteitswag het die bestuurder probeer wys hy ry in die verkeerde rigting aangesien dit ‘n eenrigting is. Bestuurder het hom net geignoreer en probeer hom gery. Hoop julle kry die vark.

Cherokee ·

Dit is waar wat jy sê J, maar mens moet steeds kophou. Steeds in beheer wees van eie aksies.

VanAfrika ·

HOE ry jy sommer net iemand om en sommer bo-oor hom ook???!!!!

Stelenbosch ·

Nee, daar is wagte met duidelik gemerkte baadjies wat elke dag daar werk. Glo my, die bestuurders raak aggressief as jy vir hulle wys hulle ry teen die verkeer. Vat gereeld kortpaaie, dit was seker wat die persoon ook wou doen.

LADY ·

Maar dan is die golf agter hom ook verkeerd ne. Ai wat het die persoon gedink. Dis belaglik om so iets op jouself te bring.

Helizna ·

Ek sê altyd vir die karwagte om agter my pad te gee. Maar die ou was rerig verkeerd

AdeK ·

Ek praat hierdie daad gladnie goed maar vrees die irritasie van hierdie “wagte”
Ek vermy hulle want hulle is in die pad, in my veilige zone en eintlik bedelaars met n sogenaamde baadjie aan.
Ek beloon wel maar het ook al gevoel ek wil oor van die arrogantes ry.
Behoort die parkering aan hulle?

John ·

Natuurlik moet mense hou by die reèls en nie kortpad vat nie, maar my simpatie le nie by die wagte wat glo hulle is die eienaars van sekere dele van winkelsentrums se parkeerareas nie en mense so te sè dwing om hulle te vergoed. Hulle spring voor en agter motors in om die mense kamma te wys hoe om te parkeer of uit te ry en moet eenvoudig net bystaan en help om kruideniersware in die motor te laai. Betaal jy hulle nie is daar ‘n openlike gemor en gepraat. Die meeste van hulle is ‘n euwel.

Geskok ·

Dis skokkend dat die karwag omgery is! Hul doen n belangrike werk en vir baie van hulle is dit hul enigste inkomste. Hul probeer hard om veiligheid vir almal te handhaaf. Dis jammer dat party mense so min omgee vir karwagte. Ek hoop die karwag herstel volkome.

Jacques die Goodwoodianer ·

Wat daardie bestuurder gedoen het is ongevraagd, ongemanierd en totaal onaanvaarbaar.

Ek raak soms kort van draad by N1 Stad se winkelsentrum as die “guard” die heeltyd vir my wil wys hoe om te ry. Laat my voel ek weet nie hoe om te ry nie maar wat hierdie persoon gedoen het is net verkeerd. Dit was tien-teen-een ñ ongeduldige vark… soos baie ander wat nie eens spasie los of kans gee nie.

Eunice ·

Ek beloon altyd met ñ erkenning van dank! Vriendelikheid en geduld en bedagsaamheid kos jou niks! Die persoon probeer dárem werkie doen, in werklose land. EK GEE ÁLTYD AS EK KAN Ñ OU GELDTJIE MET GROOT LIEFDE,want dit kón ék gewees het,wat aalmoese moes bedel

Michelle ·

Die sekerheid wag kry nie net min geld nie dit is die ondankbaarste werk wat daar is die man wat hom raak gery het moet gevind word en so gou as moontlik voor die hof verskyn. Dis laakbaar dat so iets kan gebeur. Die wagte werk lang skofte soms dae aanmekaar en dan werk hul sonder rus dae om die ekstra te verdien om vir hul gesinne te sorg. Die polisie moet ook nou als in hul vermoë doen om die man te kry en vir die wag geregtigheid gee doen wat reg is .

Hannelie ·

AdeK jy hoort ook nie op die pad, en glad nie in n parkeer area nie. Jou opmerking is van net so n kriminele aard soos die skuldige in hierdie berig!

jakes ·

Kla die vent aan vir poging tot moord. Nog beter, sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Hy hoort ne in die samelewing nie.

Veerpyltjie ·

Ek dink dit was ‘n walglike daad om die wag om te ry en boonop weg te ry sonder om vas te stel of die wag seergekry het. Mens weet egter nie wat die wag vir hom gesê het nie. Party van hulle is nogal baie arrogant en “demand” geld of hulle gaan staan voor of agter jou om jou te dwing om stil te hou. Dit het met my gebeur en toe ek hom nie geld would gee nie is ek gedreig en gevloek. Op ‘n ander keer het een ook daarop aangedring dat ek hom betaal omdat hy nie my kar gekrap het nie, al het hy die tyd en geleentheid gehad! Ek het hom by die sentrum se sekuriteit gaan aankla.

Bekommerde ·

Baie sleg dat dit gebeur het – sterkte aan almal betrokke.

Ek is nogal verbaas dat nie meer omgery word nie …………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.