Voertuig ry twee voetgangers dood

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Twee voetgangers is dood toe ʼn voertuig hulle omstreeks 06:00 Woensdagoggend in Johannesburg raakgery het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk in Louis Bothaweg in Houghton Estate plaasgevind. “Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die polisie is op die toneel om die voorval te ondersoek,” het Steinmann gesê.

Die twee voetgangers, albei mans, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.