Voetganger 100 m ver gesleep

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voetganger is dood nadat hy in Krugersdorp deur ʼn motor getref is en glo sowat 100 meter ver gesleep is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Adcockweg plaasgevind.

Volgens Botha is die man in die pad aangetref met paramedici se aankoms op die toneel. Hy het nog geleef maar is later op die toneel dood.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie en word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.