Voetganger in Vanderbijlpark doodgery

Skade aan die bakkie. Foto: ER24

Skade aan die bakkie. Foto: ER24

ʼn Man in sy 20’s is Donderdagaand in Vanderbijlpark in Gauteng doodgery.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 22:00 op die R57 plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is die man se liggaam in die middel van die pad aangetref. Die bakkie wat hom getref het, het aan die kant van die pad gestaan met baie skade weens die trefslag,” het Meiring gesê.

Niks kon vir die voetganger gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die bakkie was ongedeerd, maar geskok.

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet Pompies ·

Dit is nogal die pad genaamd “Golden higway” waar klippe oor die pad gepak word om jou voertuig te beskadig en indien jy sou stop word jy beroof.

Annie ·

Wat het hy op die snelweg gesoek en was seker in donker klere geklee, jammer vir die bestuurder want dis nou jou skuld, hulle kan mos doen wat hulle wil en loop waar hulle wil.

Baie baie sterkte ·

Baie baie sterkte aan die bestuurder, ek bid vir jou vrede toe en dat jy nie nog in die hof die skuld kry vir iemand wat self nie omgegee het vir sy lewe en op die gevaarlike pad gaan loop het, net omdat hy lus het of om iets verkeerd te doen.

alta j v rensburg ·

So jammer vir almal. Dankie Maroela Media vir die nuus aan almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.