Voetganger kritiek ná motor hom tref

Foto: Verskaf.

ʼn Man in sy vyftigs is in ʼn kritieke toestand ná ʼn kar hom getref het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagmiddag in Kiaatlaan buite Vereeniging plaasgevind.’

“Ons paramedici is omstreeks 14:10 na die toneel ontbied waar hulle die man aangetref het waar hy op die pad lê,” het Siddall verduidelik.

Volgens Siddall het die man verskeie frakture opgedoen en moes hy per mediese helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gehaas word vir verdere mediese behandeling.

Die presiese besonderhede van die voorval is nog nie bekend nie, maar sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Die Guptas het op 1 April ‘n spesiale fonds gestig om die armes met mediese uitgawes en dies meer te help.

Ekke ·

Zoom Zoom ek is seker hulle sal bly wees as jy n bydrae wil maak.

Swannie ·

Diens is gratis vir enige persoon wie nie `n mediese fonds het nie.

Swartkat ·

Hang seker af of die man ‘ n mediese fonds het wat dierekening vir die helikopter moet betaal anders sal die belastingbetaler moet opdok. Kan nie vir ‘n man wat kritiek is vra of hy ‘n mediese fonds het en as hy se nee , hom daar los nie. Het al gesien dat hulle dit by privaat hospitaal doen en weier om ‘ n persoon te behandel as hy of sy nie medies het nie.

Daan ·

zoom zoom,sal jy vra wie betaal as dit jyself of iemand naby jou sou wees?

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat soek hy in die pad. Paaie is vir motors en NIE vir voetgangers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.