Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het net ná 06:00 op die M7-Oos in KwaZulu-Natal gebeur. Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die vragmotor verloor en die voetganger raakgery. Die man is onder die regtervoorwiel vasgepen.
“Paramedici is deur die Durbanse soek-en-reddingseenheid en brandweer ontbied om hulp te verleen,” het Jamieson gesê. “Met paramedici se aankoms was die voetganger steeds onder die wiel vasgekeer. Gelukkig het ʼn groot insleepvragmotor by die toneel stilgehou om te help. Paramedici kon die man stabiliseer terwyl die insleepvoertuig die vragmotor van hom af gelig het.”Die voetganger en die beseerde vragmotorbestuurder is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vr behandeling.
Volgens Jamieson was polisiebeamptes op die toneel om die ongeluk te ondersoek.