Voetganger onder vragmotor vasgepen

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

ʼn Voetganger het met sy lewe daarvan afgekom nadat hy Maandagoggend onder die wiel van ’n vragmotor vasgepen is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het net ná 06:00 op die M7-Oos in KwaZulu-Natal gebeur. Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die vragmotor verloor en die voetganger raakgery. Die man is onder die regtervoorwiel vasgepen.

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

“Paramedici is deur die Durbanse soek-en-reddingseenheid en brandweer ontbied om hulp te verleen,” het Jamieson gesê. “Met paramedici se aankoms was die voetganger steeds onder die wiel vasgekeer. Gelukkig het ʼn groot insleepvragmotor by die toneel stilgehou om te help. Paramedici kon die man stabiliseer terwyl die insleepvoertuig die vragmotor van hom af gelig het.”

Die voetganger en die beseerde vragmotorbestuurder is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vr behandeling.

Volgens Jamieson was polisiebeamptes op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.