Voetganger op hoofweg doodgery

Argieffoto

ʼn Voetganger in sy dertigs is Dinsdagmiddag dood toe hy deur ʼn motor raakgery is.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die N1 suid plaasgevind, net voor die Maraisburg-afrit.

“Toe ons paramedici omstreeks 17:46 by die toneel opdaag, het die man in die vinnige baan van die hoofweg gelê. Hy het geen tekens van lewe getoon nie,” het van Huyssteen gesê.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

latie ·

ek stem 100% saam met jou en hul nie brein nie hul weet nie wat beteken as hul se jul mag nie op hoofweg loop nie wie se skuld hul nie die drywer nie

Hennievr ·

En nou het die motor bestuurder jare se probleme oor iemand wat onwettig op ‘n plek was waar hy nie hoort nie.

STompie ·

Hulle weet hulle mag nie op hoofwee loop nie, maar daar is mos GEEN nakoming van reels en regulasies en wette vir sekere mense meer in hierdie land nie. Beeste wei teen die hoofpad, mense dwaal oor die hoofpad, verkoop lemoene en gholfballe teenaan die hoofpad. Die wetteloosheid werk in SA vir almal totdat iemand sterf, dan skielik is almal bekommerd en moet’n kommissie van ondersoek aangestel word om vas te stel wat die probleem is.

Astrid ·

So hoe gemaak as die taxi jou net daar en dan aflaai? Daar is selde voetgangers te sien op die N1 hoofweg maar vele taxis gebruik wel die snelweg en instede daarvan om iemand af te laai waar dit veilig is gebruik hulle die noodbaan en laai mense net daar af. Vandaar moet die, nou voetganger, self die hoofweg oorsteek of loop tot waar hy moet wees of om die volgende taxi te kry.

B-man ·

Die passasiers is nie onskuldig nie. Hulle staan en klim af op onveilige plekke, omdat dit gewoonlik vir hulle ook gerieflik is.

En hoe los owerhede die probleem op? Deur ‘n waarskuwingsbord op te sit wat motoriste waarsku teen “PEDESTRIANS”. Skreiend!

Elly ·

Ek het reeds 2 keer amper iemand op daardie selfde pad by Maraisburg en Gordon afrit net net gemis. Die feit dat hierdie…mense goedsmoeds oor die pad hardloop veroorsaak telkemale dat mense skerp moet uitswaai met die gevolg dat ander motoriste ook in gevaar is van ernstige ongelukke. Tref jy een word jy onmiddelik aangekla van moord (soos n vriend van my ondervind het) tot jy kan bewys jy is onskuldig. Een van die verdomde goed het my voertuig amper tot stilstand gebring deur die kar langs my te laat uitswaai, my te laat briek aanslaan en so waar as wragtig na ek gestop het nog met sy sangoma kloue op my bonnet kom klap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.