Voetganger, passasier sterf in botsing

Die toneel. Foto: Netcare 911

Die toneel. Foto: Netcare 911

Twee mense is dood en drie beseer toe ʼn motor en ’n Mazda Drifter-bakkie vanoggend op die R25 naby die M30 in Welbekend, Gauteng, gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare911 het gesê die ongeluk het omstreeks 09:15 plaasgevind.

“Volgens berigte is een van die oorledenes ʼn voetganger en die ander ʼn passasier wat agter in die motor gesit het,” het Mathe gesê.

Paramedici van Netcare911 het saam met paramedici van die provinsiale nooddienste gewerk om die beseerdes te stabiliseer. Hulle is op die toneel behandel en later na omliggende hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.

Albei die oorledenes en die beseerdes is mans. Die presiese oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Gerd en Gatvolverby,

Dankie vir julle terugvoer! Dit is inderdaad ‘n Mazda Drifter. Ons vra om verskoning vir die flater en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Gatvolverby ·

Admin net ‘n klein foutjie..dit is ‘n Mazda drifter en nie ‘n nissan drifter nie. Mooi dag.

Armando ·

Aggenee wat, Landi, dis regtig nie ‘n probleem nie. Wat maak dit tog saak, liewe hemel! Maar die skuilname sê vir jou waarmee jy te doen het, magtag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.