Voetganger sterf grusaam

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Voetganger se liggaam is Dinsdagaand in twee geskeur toe ʼn voertuig hom in Boksburg in die Oos-Rand getref het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die hoek van Atlas- en Finchweg plaasgevind. “Die man is op slag dood. Die impak van die voertuig was só erg dat sy liggaam in twee geskeur het,” het Meiring gesê. “ʼn Gedeelte van die man se liggaam het ‘n paar meter ver onder die voertuig gesleep.”

Die bestuurder van die voertuig is ongedeerd. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justi ·

Goeie jinne, dit is erg. Ek wonder teen watter spoed die voertuig gery het?

Trudie ·

Hierdie motorbestuurder moes met een helse spoed gery het om ‘n persoon se liggaam in twee te laat skeur. Dit is absoluut afgryslik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.