Voetganger sterf in Bapsfontein-ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Voetganger is laat Vrydagmiddag naby die R25/R50-vierrigtingstop in Bapsfontein deur ʼn bakkie doodgery.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man, glo in sy 30’s, was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.

Volgens Meiring is die bestuurder van die bakkie nie in die ongeluk beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.