Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die man het paramedici se aankoms op die toneel in die middel van die pad gelê. Hy is kritiek beseer.
Vermaak sê die man, glo in sy 20’s, is kort na sy aankoms by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal dood verklaar.
Die bestuurder van die motor het geen sigbare beserings opgedoen nie. Hy is op die toneel vir skok behandel voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.
Vermaak sê die Johannesburgse metropolisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.