Voetganger sterf in tref-in-trap in Kaap

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Voetganger is Dinsdag in die Kaapse Skiereiland doodgery in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Prince George-rylaan in Muizenberg plaasgevind.

“Die man, vermoedelik in sy laat 30’s of vroeë 40’s, is so hard getref dat hy sowat 50 m tot 60 m ver geslinger is,” het Bodasing Harduth gesê.

Die man se liggaam is in die pad aangetref. “Hy het veelvoudige en ernstige beserings opgedoen. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die voertuig wat die man getref het, was nie op die toneel nie. Die presiese besonderhede rondom die voorval is nie bekend nie en word deur die owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buitestander ·

Was die bestuurder by sy/haar volle positiewe? Is bestuder reg matige berstuurder?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.