Voetganger sterf ná rollende motor hom tref

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn Man in sy 30’s is dood nadat ʼn motor op ʼn nat pad in Hatfield, Pretoria gerol, en hom langs die pad getref het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die motor in Duxburyweg gery toe dit omgeslaan, verskeie kere gerol, en die voetganger getref het.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê. “Die bestuurder van die motor het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Tragies, verkeerde tyd op verkeerde plek, fratsongelukke gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.