Voetganger sterf ná taxi haar sleep

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 27-jarige vrou is Dinsdagoggend in Ladysmith, KwaZulu-Natal, dood toe ʼn minibustaxi haar gestamp en etlike meters ver gesleep het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Yellowstraat in die Ezakeni-nywerheidsgebied plaasgevind.

“Volgens ooggetuies op die toneel het die bestuurder glo nie gesien die vrou steek die besige straat oor nie. Sy is getref en saamgesleep, waarna ʼn omstander haar onder die taxi uitgetrek het,” het Meiring gesê.

ʼn Plaaslike veiligheidsmaatskappy het op die toneel afgekom en paramedici van ER24 ontbied.

“Die vrou het verskeie noodlottige beserings opgedoen. Daar kon ongelukkig niks vir haar gedoen word nie en sy is op die toneel dood verklaar.”

Die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

m ·

Liewe hel wat gaan op ons paaie aan, dis asof daar maniake losgelaat is. Wat presies het hierdie idioot nou gedink….

Liza ·

Ry soos hulle wil, loop oor net soos hulle wil…. Jammer dit kon verseker verhoed gewees het, maar jy moet deesdae vir almal om jou dink. Wat beteken dit as jy met jou “hazards” aanry? Gaan jy links? Gaan jy regs? Jy het beslis nie ‘n noodgeval nie…. en hoekom in die straat loop? Hoekom het ons sypaadtjies? O, ja, sypaadtjies is om jou verkoopsware op uit te pak en te smous…..

Gesiggie ·

Wie blameer n mens… voetgangers kan partykeer nie die distance bepaal…dit gebeur gereeld by ons, dan n voetganger dood gery word… en die bestuurder van die Taxi ? ja hy het haar nie gesien, sy kon dalk te vinnig die straat oorgesteek het” of hy het vir n oomblik, nie voor hom gekyk… Dit is tragies dat soveel voetgangers dood gery word, By ons is ook al afsperings aangewend? maar dit help net mooi niks, hul hardloop nogsteeds oor die pad” My innige meegevoel aan die Familie van die vrou… so n onnodigge ongeluk.

wilma ·

Taxis jaag soos hul wil en niks word daat aan gedoen want polisie en verkeers beamptes is bang v taxi bestuurders

Hettie ·

Stem saam met Wilma. Sterkte aan vrou se familie en vriende!

M A ·

In East Lynne in Pretoria het die stadsraad palisade heinings in die middel van die pad aangebring om te verhoed dat mense die straat oorsteek. Die voetgangers het eenvouding net van die panele verwyder en stroom nog steeds oor die pad. Skole behoort veiligheid as vak aan te bied – mense besef nie in watter gevaar hulle is nie. Taxis is ander ander storie; hulle voel vere vir enige iets.

E ·

So 3 weke terug het ek op die hoofweg so groot geskrik, want eweskielik verskyn daar ń ou dame met ń kierie voor my! Wat nou? die vrou voor jou en karre agter jou. Kan ook nie vinnig briek nie want dan is die karre agter jou in jou vas. Ek was boos want vir wat steek jy ń hoofweg oor te voet!!!

Theresa ·

Een van vele gevalle wat taxi drywer iemand stamp en saamsleep. Moordenaars. Duisende voetgangers voel vere waar hul oorstap en wat aankom en hul kan doodry. Kan beter gaan as daar ‘n verantwoordelikheidsgevoel bestaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.