‘Voetganger’ sterf toe vragmotors rol

Foto: Netcare 911

Daar word tans ondersoek of ʼn man wat Saterdag in die vroeë oggendure dood is nadat twee vragmotors op die N3 in die Vrystaat omgeslaan het, moontlik ʼn voetganger was.

Nicholas Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 04:00 op die N3 tussen Harrismith en Van Reenen plaasgevind. Volgens Dollman het die vragmotors deur die versperring langs die pad geploeg en by ʼn wal afgerol. Een van die bestuurders was in die wrak vasgekeer.

“Brandweerbeamptes van Harrismith het meganiese toerusting gebruik om die bestuurder uit die vragmotor te bevry. Hy was in ʼn stabiele toestand en is na ʼn hospitaal geneem. Die ander vragmotorbestuurder het slegs geringe beserings opgedoen,” het Dollman gesê.

Hy het gesê ʼn derde slagoffer is buite die vragmotors gevind waar hy reeds aan sy ernstige beserings beswyk het. “Albei vragmotorbestuurders het gesê hulle was alleen in hul voertuie en daar word dus vermoed dat die oorledene ʼn voetganger was.”

Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kobus ·

Heel moontlik wou bestuurders n ongeluk vermy het …ongelukkig vir voetganger op verkeerde plek en tyd….sal my nie verbaas dat hy ook sopie te veel in gehad het

Ken2 ·

Moontlik n passasier wat nie veronderstel was om saam te ry nie.

lbs ·

Murphy’s Law? Dis darem baie toevallig. Twee vragmotors slaan om EN daar is ‘n voetganger, alles op dieselfde plek op die oop pad?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.