Voetganger sterf, twee beseer toe trok hulle tref

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Vrou is dood en twee ander beseer toe ʼn vragmotor Woensdagoggend in Vereeniging in ʼn fietsryer en twee voetgangers ingeploeg het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:25 by die kruising van Blackwoodstraat en Ringweg in Drie Riviere gebeur.

By paramedici se aankoms op die toneel het die vragmotor, wat ʼn swaar vrag op gehad het, langs die pad gestaan. Drie vroue het ʼn ent weg op die sypaadjie gelê.

“ʼn Vrou in haar 40’s het veelvuldige beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon nie. Sy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê. ʼn Tweede vrou was ernstig beseer, terwyl die derde vrou net geringe beserings opgedoen het. Die twee beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Strawwe ·

Strawwe vir hierdie tipe ding moet strenger en meer raak, dit gebeur noual byna daagliks . Verder ry party of die hele pad aan hulle behoort, hulle gee nie ‘n hel om vir mense, fiets, karre nie, hulle weet jy sal liewer stop of padgee omdat jy gaan verloor as daar ‘n botsing is. Ons neig na die res van Afrika toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.