ʼn Man is dood en ʼn vrou beseer toe ʼn taxi hulle op Campsdriftweg in Pelham, Pietermaritzburg, raakgery het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied. Die man en vrou het langs die pad gelê, terwyl die taxi ʼn ent verder tot stilstand gekom het.
“Paramedici het bevind die man het veelvuldige beserings opgedoen. Hy het geen tekens van lewe getoon nie. Die vrou se beserings was nie ernstig nie.
“Paramedici het dadelik met kunsmatige asemhaling en lewensondersteunende ingrypings begin. Ná ʼn geruime tyd was daar steeds geen teken van lewe nie en die man is dood verklaar,” het Meiring gesê.
Die vrou is na die Edendale-hospitaal geneem. Die taxibestuurder is nie beseer nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Nou wat Wil die polisie ondersoek? Dis duidelik soos altyd dat die taxi weer onverantwoordelik bestuur het hulle het geen respek vir n lewe nie!!!