Voetgangers gesoek wat motoris glo doodslaan

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan in die ondersoek na ʼn motoris, Brendon Mclean (34), wat glo deur vier voetgangers in Kimberley doodgeslaan is.

Kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die voorval het op Saterdag 10 Desember 2016 plaasgevind.

“Mclean het na bewering omstreeks 17:30 in Georgestraat gery toe hy vier voetgangers amper met sy motor getref het,” het Ramatseba gesê.

“Mclean het stilgehou om die mans te konfronteer en die mans het glo begin om hom aan te rand. Mclean se twee broers was saam met hom in die motor. Hulle het uitgespring om hul broer by te staan, waarna die aanvallers op die vlug geslaan het. Mclean is op die toneel dood.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Ramatseba het gesê een van die verdagtes het ʼn rooi baadjie en ʼn swart broek aangehad. Nóg ʼn verdagte het ʼn rooi hemp aangehad en een ʼn strepieshemp. Meer inligting oor die verdagtes is nie bekend nie.

Enigiemand met inligting wat die polisie in die ondersoek kan bystaan, word versoek om ao. Pamela Mafaro by 083 229 9537 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Racism at its best ·

As dit net weer MANS was was hulle swart .. so daar word gesoek na VIER SWART MANS wat ‘n WIT MAN doodgeslaan het nadat hy AMPER hulle gestamp het . maar nie aan geraak het nie .. dit is NICE …

Adoons ·

‘n Totaal sinnelose dood wat die gevolg van padwoede is. So hulle het voor jou ingestap, so jy het hulle amper raakgery, so jy is nou kwaad. Wat help dit om hulle te konfronteer? Dink jy regtig hulle gaan huis toe gaan en besin en besluit om volgende keer versigtiger te wees as hulle oor die pad stap? Die slagoffer van padwoede is dikwels die een met die padwoede self. Los dit tog en wees bietjie meer geduldig (en volwasse)! Wat maak dit saak as jy effens moet terughou vir ‘n taxi wat voor jou indruk? Wat maak dit saak as jy stadiger moet ry oor ‘n voetganger wat begin om die pad oor te steek? Gaan die tien of elf sekondes wat dit jou terughou regtig so ‘n groot verskil aan jou dag se beplanning maak? Dis net nie die moeite werd om in ‘n voorval van padwoede betrokke te raak nie. Jy wil nie self seerkry nie en jy wil tog ook nie regtig die ander persoon seermaak en so met die gereg bots nie, wil jy?

jonathan ·

x stem Adoons.net soos jy daar se.net n bietjie geduld so kom jy veilig by jou bestemming.mense wat motorbestuurders is moet dit in hul gemoed het.wanneer jy bestuur moet jy vir die volgende motorbestuurder ook kan dink sowel as die voetganger.om so op te tree soos in die geval los altyd nie jou probleem op nie dan kom jy tweede in die geval.by gese jammer en ek voel dit saam met die familie van die slagoffer.op die einde van die dag is dit n tragiese gebeurte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.