Voetgangers met speelgoedgeweer beroof

Argieffoto

Argieffoto (svmomblog.typepad.com)

Drie voetgangers is glo deur mans met ʼn speelgoedgeweer in Johannesburg se middestad beroof, het die polisie Woensdag gesê.

“Die voorval het Dinsdagoggend op die hoek van Bree- en Lovedaystraat plaasgevind,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Kringtelevisiekameras het die voorval opgeneem. Die slagoffers het in die straat gestap toe die mans hulle voorgekeer het. Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en ʼn ander een het hulle deursoek.”

Mbele sê die verdagtes het selfone en R600 kontant gebuit.

Polisiebeamptes is na die toneel ontbied en twee van die verdagtes is aangekeer. ʼn Derde man het ontsnap. “Die polisie het twee selfone en ʼn speelgoedgeweer opgespoor.”

Die twee verdagtes sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

Sunè, as berigskrywer behoort jy darem die verskil te ken tussen ‘n rewolwer, pistool en geweer. Dit is omdat die regering dit moeilik maak vir beskaafde mense om vuurwapens te besit, dat julle nie weet hoe die goed lyk nie. Moet nie van ‘n geweer praat en foto van ‘n pistool wys. Dit was ook waarskynlik ‘n (speelgoed)pistool betrokke want ‘n geweer word nie maklik weggesteek in ‘n straat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.