Voetgangers sterf toe motor hul tref

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Vier mense is Donderdagoggend dood toe hulle in Boksburg deur ʼn motor getref is.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaliteit se ramp en nooddienste (DEMS), het gesê DEMS-paramedici is omstreeks 05:00 na die toneel oorkant die Angelo informele nedersetting ontbied.

“Met hul aankoms het hulle gesien dat vyf vroue op die sypaadjie lê, met die motor wat hulle glo getref het, langs hulle en die bestuurder steeds binne,” het Ntladi gesê. Paramedici het die vroue probeer bybring, maar vier van hulle is op die toneel dood verklaar. Die vyfde vrou is in ʼn kritieke toestand na die Tambo Memorial-hospitaal geneem.

Die bestuurder, wat ook ernstige beserings opgedoen het, is per ambulans na dieselfde hospitaal gehaas.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar ʼn geregtelike doodsondersoek is begin,” het Ntladi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

Voetgangers besef nie hoe onopsigtelik hulle is nie. Gisteraand in Beyers Naudé Rylaan Muldersdrift is ‘n voetganger raak gery…..Met donker klere, ander voertuie se ligte van voor, en swak straat beligting is voetgangers omtrent onsigbaar….en weet jy eers van hulle as jy hulle tref. As jy in die donker langs ‘n besige pad stad, loop so ver as moontlik van die verkeer af, en dra enige iets wit, selfs ‘n plastiek sak, sodat jy meer sigbaar is.

Adele ·

Daar is op sosiale media beweer die bestuurder is aangerand deur omstaanders?

Anna ·

Ek ken nie al die details nie but here where I live I see people just crossing streets and then when they are halfway, remembers to look!

Petro ·

Dis mammas wat nie weer kon huistoe gaan nie….so hartseer en tragies ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.