Voetgangersbrug op N3 stort ineen

Foto: Verskaf.

Verskeie mense is beseer toe ‘n voetgangersbrug op die N3-hoofweg Woensdag in die vroeë oggendure ineengestort het.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het aan Maroela Media bevestig niemand is tydens die voorval dood nie.

“Vyf mense is beseer, waarvan drie in ʼn vragmotor wat by die voorval betrokke was, vasgesit het,” het Ntladi verduidelik. Volgens hom moes meganiese toerusting gebruik word om die beseerdes, onder wie ʼn 7-jarige meisie, uit die vragmotor te bevry.

Al die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir mediese behandeling.
“Ons het die oproep 01:23 gekry. Die voorval moes dus kort voor dit plaasgevind het,” het Ntladi verduidelik.

Volgens hom sal die hoofweg vir die res van die dag en “selfs nog langer” gesluit wees om die skade te herstel.

Die N3 Geldenhuys-wisselaar in ʼn noordelike en suidelike rigting, die Van Buuren-wisselaar asook die N3 Gilloolys-wisselaar sal vir die res van die dag gesluit wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johanna Botha ·

Geen onderhoud vir meer as 20 jaar …is dit n moontlikheid…..nee dit is n feit ! …kyk na die geel robot pale hulle is nog nooit weer geverf nie so nou roes hulle op ! Lamppale wat omgery is word net so stukkend langs die pad gelos ….wat n verval en n groot gemors …SA verdien junk status 110 %

Adam ·

Johanna, jy is in die kol. Gebrekkige onderhoud op infrastruktuur, tesame met tenderpreneurs wie se konstruksievaardighede gelykstaande is aan die van kleuters, kan net lei tot sulke “ongelukkies”. Hoe dit ook al sy, 8 Augustus 2017 sal vorentoe bekend staan as die dag waarop die ANC hulle grafskrif in vet letters op die muur sien verskyn het.

Michael ·

Die brug was seker moedeloos toe die nuus breek dat nr 1 se mosie van wantroue na die honderste keer weer nie geslaag het nie

wonder net ·

Sal graag wil weet wanneer die brug opgerig is….voor of na 1994? Weet iemand dalk?

Daleen ·

Ander nuusblaaie berig 1978. Brug glo geruime tyd reeds afgesper vir publiek. Dus kan mens nie anders as om dit toe te skryf aan nalatigheid. Brug benodig hersiening en opknaping, nee wat span toue maak hom toe, vat eerder die geld en gaan hou vakansie. Hy sal weldrae ineenstort dan gee ons die mense wat hom in 1978 gebou het die skuld.

JoeV ·

Ontwikkelende land… ontwikkel in wat? Die land is net wat oor was na 1994, daar is geen teken van die moontlikheid van “ontwikkeling” nie.
Alles is op emosie gebaseer, niks op enige iets wat bereken kan word nie, dit kan mens vervaardig, die res is net wind.

Adriaan ·

Giggles, the corrupt clown? Hie hie hie hie, hie hie hie hie!

John ·

Was daar nie ook betogings gister in daardie omgewing nie? Wat van terrorisme… so in die middel van die nag?

Marita Scholtz ·

Snaaks dis nie weer Jan van Riebeeck se skuld nie. en na gister se mislukte mosie van wantroue glo my gaan daar tot 2019 wat no1 nog op die troon sit niks van n eens mooie SA oorbly nie

Dafer ·

Ek het laasnag deurgewerk en omstreeks die tyd van die ineenstrorting het ‘n grondskudding plaasgevind wat deur die huis gebrul het soos ‘n lorrie wat jaag.

Eddie ·

Ek bly in Germiston en hier was n kwaai aardskudding omtrent daai tyd wat tot in South Crest in Alberton gevoel was. Dalk is dit hoekom die brug geval het.

Ook so gedink ·

Ons woon ook in Germiston en ek het dieselfde gedink.

Straatman ·

Ek bly in Mayberry Park, Alberton en ek het ook die aardbewing gevoel. Maar was dit nie vroeër, miskien om 23:55?

Met die kommentare stem ek saam, naar ek sal nou net graag die volgende wil weet: Hoekom eis die Boere-Afrikaner nie n eie staat?
Elke volk het die reg om n eie land en n eie staat te he!!!

nn

Hugo ·

Ek het so paar fotos gesien, die brug le lans sy pilare, kan nie sien dat n aardskudding die brug op die manier van sy pilare af kan lug nie….. iets anders moes daar gebeur het……

Grotman ·

En so stort SA stuk vir stuk. In mekaar. Jip die Ou SA gaan die skuld kry.

anoniem2017 ·

Kan ek vra hoekom n 7 jarige daai tyd van die oggend op n vragmotor was? dit is bietjie agterdogtig vir my..

Andre ·

Nog ‘n NSA fiasko – soos die res van die land en die bestel waarmee ons sit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.