Vol stemboks in Mpumalanga gegryp

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die polisie in Calcutta, Mpumalanga, was laat Maandagaand verwoed op soek na ʼn boks vol stemme wat glo deur lede van die gemeenskap gesteel is.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris van die provinsie, sê twee polisiebeamptes en twee OVK-amptenare was om 23:50 op pad om stembokse uit die lokaal te verwyder, toe hulle deur lede van die gemeenskap voorgekeer is.

“ʼn Groot groep gemeenskapslede het voor die hek van die gesluite lokaal saamgedrom en die owerhede ingewag,” sê Manamela.

“Die owerhede se motors is deur die groep versper en in die proses is ʼn boks vol stemme, asook ʼn leë boks uit een van die motors gegryp.”

ʼn Saak is by die polisie aanhangig gemaak en word steeds ondersoek.

“Vier hooggeplaastes in die polisie ondersoek die saak om te verseker dat dit dringend aandag geniet,” sê sy.

Dit is nog nie duidelik of die stemboks al teruggevind is nie.

Onluste elders aangeteken

Verskeie stempunte elders in dié provinsie is ook Maandag deur allerlei onluste ontwrig.

Volgens Manamela het sowat 30 lede van die gemeenskap reeds om 07:00 in Piet Retief in die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit betoog oor die verval van hul wyk. Die gemeenskap het onder meer bande in die pad gebrand wat daartoe gelei het dat die stembus later oopgemaak het as wat daar aanvanklik beplan is.

Mense het ook in die vroeë oggendure in Masoyi in die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit betoog deur paaie met brandende bande te versper. Lede van dié gemeenskap het glo oor ʼn gebrek aan dienslewering en watertoevoer betoog.

“Die polisie het egter vinnig opgetree en die situasie ontlont.”

Luidens berigte was daar ʼn onderonsie tussen kiesers en OVK-owerhede in Ermelo omdat dié glo nie by die betrokke stemlokaal geregistreer was om te stem nie.

Twee mans is later die dag by ʼn stembus in Delmas in hegtenis geneem nadat hulle met die pligte van OVK-owerhede ingemeng het. Dié mans was na bewering onder die invloed van alkohol.

In dieselfde gebied het ʼn groep van sewe mans wat in ʼn politieke party se kleure geklee was, amok gemaak toe hulle lede van die gemeenskap probeer keer het om te stem. Hulle was ook onder die invloed van drank gewees.

“Gelukkig het die polisie daarin geslaag om die moeilikheidmakers in bedwang te bring,” sê sy.

Manamela het die aantal voorvalle veroordeel, maar die betrokke polisielede bedank vir hul professionele optrede deur die loop van die verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anthony ·

Munisiplae verkiesing. Hoeveel rep-en-roer moet daar wees by sekere vergelee stemplekke (nie eens te praat van stemme en stembokse wat mee gepeuter word), voordat die verkiesing n ten volle sukses sal wees. Daar is nie ten volle beheer en tossing by sekere stemplekke nie. Dit was uiters duidelike dat daar “judge and jury” gespeel word van begin tot einde in die hele proses. Dit is duidlik daar n paar mense bang is vir n sekere eerlike uitslag. Daar is mos dan geen regverdigheid in die proses tans – waarom dan die verkiesing you. Ek wil ook nie eers oor Eskom praat nie.

Di ·

Een of ander politieke groep sit weer agter hierdie storie. Geen verkiesing in hierdie land kan ooit vry en regverdig kan wees met sekere korrupte Politieke kaders nie.

Keelvol ·

Maar natuurlik kan jy soveel beter doen. Toe sit jy maar by die huis en kyk tv

Niel ·

Nê? Tree hul op is jy seker die eerste een wat daaroor ook kla

Heinrich ·

‘n Skreeuende aanklag teen die onderwysstelsel in die land…leer mos eerder die kinders van hoe sleg die arme ANC ondersteuners tydens apartheid behandel is, in plaas van wat die ANC se militêre vleuel aan SA se mense asook sy eie mense gedoen het en hoe demokrasie regtig moet werk.

Moeggeploeg ·

Al die plekke waar ander partye in beheer is gaan onregeerbaar gemaak word deur ANC en trawante. Dit is hul manier om “beheer” te hou.

Mariana ·

Hoe dan nou anders. Hierdie verkiesing was ‘n mislukking. Te veel dinge wat verkeerd geloop het. OVK kan nie vertrou word nie of liewer die wat aangestel word om op die dag diens te doen. Ongelukkig sal een party altyd bevoordeel word. Hoekom spesifiek daardie houer op daardie plek. Wat was in daardie houer wat hulle so laat optree het. Dalk meer stemme vir ander partye?

Di ·

Jip, Zumpie het mos op TV reguit gese dat die ANC sal in beheer bly tot die persoon wat die aarde verlaat het (Jesus), weer terug keer. Hy moet begin ‘n wag voor sy mond sit!

Magda ·

Vry en regverdige verkiesings, My ass. Hierdie stemmery moet gekanselleer word. ASAP

Chris dupreez ·

Nou waar was die beskerming waarvan ou Hans met die Hoed gepraat het.

Hoekom ·

Hy kan nie verder sien as die lyfwagte wat hom omring nie…

Pieter ·

en die dommes wat betoog het,het seker nogsteeds vir die anc gestem

Blikkies ·

Wat ek gesien het kan ek amper met sekerheid se hierdie verkiesing was g’n vry en regverdig nie!

Moedeloos ·

Die SAPS kan n joernalis en politikus in hegtenis neem maar kan eenvoudig nie n dief vang nie. Hoekom is die voertuig, met die stembriewe in, toegelaat om die perseel te verlaat as hul geweet het die mense staan buite vir hulle en wag. Useless.

AW ·

@Pablo,

Verwag jy, dat Twee Polisie Lede hulle vuurwapens gebruik om die groep wat hulle voorkeer en die Boks met stem me van die voertuig neem, TE SKIET ????

Jy “DINK” nié, Né !!

Wie in sy “Right Mind” , sal byvoorbeeld op mense skiet en of beseer vir n boks stemne ???

Dit wil voorkom, dat jy geen benul het van wat werkkik in SA, aan gaan nie!!

Van Hoe die WET en die vertolking van die WET in die HOWE, gedoen word nie !!

Het jy al van die woord: “Situational Appropriateness” gehoor in Millitêre en of Polisieërings gebied ??

So “Useless as wat die SAPS mag wees vir elke Hoogsheilige in SA, is daar tog , Polisie Lede wat hulle Gesonde verstand Gebruik !!

Renier ·

Ons is ongelukkig oor dienslewering,so kom ons brand bietjie bande,dan gaan stem ons weer vir dieselfde party en hoop die keer werk dit. Dit maak mos sin. AHAHAHAHAfrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.