Vol taxi’s soos ‘selfmoordbomaanvallers’

Pendelaars sit styf teen mekaar in ‘n minibustaxi. (Foto: Matsidikwanye Moswane/Twitter)

Die EFF het uitgevaar teen taxiverenigings se besluit om voortaan hul taxi’s vol passasiers te laai en te ry net waar hulle wil ten spyte van regulasies wat die kapasiteit van taxi’s tot 70% beperk.

Die taxiverenigings se besluit kom ná hul ontevredenheid met die reddingspakket wat die regering aan die bedryf gebied het en die onsuksesvolle versoek dat elke taxi R20 000 as noodverligting moet ontvang. Die regering se totale pakket aan die bedryf beloop sowat R1,1 miljard, die grootste vir enige bedryf in Suid-Afrika.

“Die verenigings het die besluit geneem in ʼn poging om hul frustrasie met die regering se weiering om die Covid-19-hulppakket te vergroot, te kenne te gee. Wat hulle in werklikheid doen is om kwesbare pendelaars vir die regering se onbevoegdheid en sondes te straf.

“Dit is ʼn lafhartige standpunt wat nie die stryd na diegene wat werklik vir die taxibedryf se probleem verantwoordelik is neem nie,” het die EFF Maandag gesê.

Suid-Afrika het reeds amper 140 000 bevestigde Covid-19-gevalle en die dodetal staan op meer as 2 400.

Die EFF sê om nou sosiale afstandhandhawing te ondermyn is onverantwoordelik en stel mense se lewens direk in gevaar. Die party sê hy het tot dusver die taxiverenigings se eise vir R20 000 per taxi gesteun, asook die betogings waartydens paaie versper is om hul griewe te lug.

“Om nou egter ons mense te dwing om in taxi te klim sonder dat sosiale afstande gehandhaaf word, is poging tot massamoord. Die etiese lyn vir respek vir menselewens mag nooit oorgesteek word nie. Slegs terroristelafaards sal onskuldige, ongewapende en kwesbare mense in die stryd om vryheid aanval, pleks daarvan om die vyand trompop te loop.”

Die EFF sê in werklikheid gaan taxibestuurders in die proses self blootgestel word. “Nie net gaan pendelaars aan die dood blootgestel word nie, maar ook die hele nywerheidswerkmag. Dit beteken taxibestuurders gaan self soos selfmoordbomaanvallers wees.”

Die party het ʼn beroep op die regering gedoen om met die verenigings te vergader om ʼn minlike oplossing vir die geskil te vind wat nie mense se lewe in gevaar sal stel nie.

Die taxivereniging Santaco het vroeër gesê daar sal steeds van passasiers verwag word om hul hande te ontsmet en ten alle tye maskers te dra.

Die taxibedryf vervoer die meeste passasiers in die land en nagenoeg 5,4 miljoen mense maak daagliks gebruik van soveel as 15,6 miljoen ritte in ʼn taxi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Misky ·

“Slegs terroristelafaards sal onskuldige, ongewapende en kwesbare mense in die stryd om vryheid aanval, pleks daarvan om die vyand trompop te loop.” lei Malema se woorde…. dan is die EFF mos die terroriste lafaards in ons land t.o.v. weerlose boere

Elize ·

Ja hoe groter lafaards hulle is hoe groter helde word hulle vir die boeties en sussies

Anel ·

Nou eff gee julle dan die geld! Hierdie taxis werk, hulle het inkomste, daar is mense wst GEEN inkomste het nie. Hoekom moet hulle nog geld kry?

capie ·

Slegs terroristelafaards sal onskuldige, ongewapende en kwesbare mense in die stryd om vryheid aanval, pleks daarvan om die vyand trompop te loop.” Ekskuus Dit is mos wat die helde van vandag gedoen het om te kom waar hulle nou is.

Kan maar van die VBS en onwettigge sigarette geld skenk vir die “verliese”

4ntj13 ·

Dis R218.4 miljoen per dag, R6½ miljard per maand. Is hulle regtig só broodnodig dat hulle die publiek so kan afdreig? Kan mens nie beter planne maak met sóveel geld nie?

gatgogga ·

Ek dink ook hulle moenie die taxis so vol laai soos in die verlede nie –
Los die passasier wat altyd op die bestuurder se skoot sit.

Genis ·

Hoekom staak die taxi’s nie? No worl no pay, soos die gewone ander mense… jou keuse, jou taxi…

Janine ·

“Massamoord”. “Etiese lyn vir respek vir menselewens…” Ja, nê……. Sê malema. Foeitog.

JohanR ·

Ek dink sterk daaraan elke keer as ek die EFF leier se bakkies sien, om iets veranwoorderliks aan te vang. Kan ek voorstel die EFF privaat weermag gaan konfronteer al die sleg taxis, en neem hulle dadelik tronk toe. Ek is seker hulle sal se “ja baas Julius” en gewillig weg gelei word!

Piet parys ·

Ja Misty jy slaan die spyker op sy kop . En dit van iemand soos Little malema . Die verskil is sy mense het het n keuse deur die taxi s te boykot . Dit kan nie vergelyk word met aanvalle op boere nie . . So wanneer word die taxis geskut want hulle oortrree mos nou die wet sowel as die passasiers ook . Teen R5000 n taxi kan die regering mos maar die staatskoffers vul maar hulle sal nie want hulle is mos comrades. So waar is die putco busse dan nou GROOTBEK MINISTER VAN VERVOER.

Althes ·

Die EFF moet nie nou kla oor die taxi eienaars se gedrag nadat hul gehelp stook het nie.

Nico ·

Nou gaan elkeen beweer dat hy ‘n taxi eienaar is, die taxi eienaars kan nie hulp van die staat ontvang nie, hulle betaal nie inkomste belasting nie.

Ansie ·

Taxibase en -bestuurders het geen respek vir lewe nie. Hulle gedrag op die pad het dit al oor en oor bewys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.