Thoko Didiza, minister van landbou, het Vrydag gesê Suid-Afrika het voldoende graanvoorraad vir die markjaar wat in Mei 2020 begin en in April 2021 eindig. Vanjaar se oes is in werklikheid die tweede grootste oes in die land se geskiedenis.
Volgens Didiza blyk dit dat vanjaar se oes 17,5 miljoen ton graan gaan oplewer. Dit dui op ’n toename van 31% vergeleke met verlede jaar se oes.
Meer as 2,5 miljoen ton mielies (wit sowel as geel mielies) sal ook in die komende jaar uitgevoer kan word.
Suid-Afrika is dus te midde van die Covid-19-pandemie verseker van voldoende voedselvoorraad teen ʼn billike prys, het Didiza gesê.
“Dit is ’n getuienis van die harde werk en veerkragtigheid deur die Suid-Afrikaanse boeregemeenskap en beleggings wat in die sektor gemaak is,” het die minister gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Ja nee kyk, daar gaan meer as genoeg graan en mielies wees, wonder net hoeveel gaan nog inkomstes hê om dit te koop?!
Bedank die boere daarvoor aangesien plaaswerkers reeds bedank is. Want sonder die boere wat werk verskaf aan die plaaswerkers sou daar nie juis veel gewees het om te oes nie.
Deur wie is die beleggings gemaak? Sovêr ek weet nie die regering nie. Dit is die blanke boere wat die kos voorsien. Nie opkomende boere of ander nie. Wat gaan gebeur as die boere nou besluit hulle weier om kos te skenk aangesien blankes nie voordeel mag trek nie? Lyk of die regering nou breë bors wil loop oor die goeie oes. Of wst gaan die regering maak as die boere besluit hulle meganiseer alles? Dit is dalk die beste dan hoef hulle nie met stakings en dies meer te sit nie. Ek wonder of die minister ooit weet hoe… Lees meer »
As hulle die boere meer ondersteun en saam met hulle werk en nie soos derde klas burgers hanteer nie, was die oeste dalk nog driekeer groter. Maar nou ja…mens kan dit seker nie van hulle verwag nie.
Genoeg graan? Regtig? Waar kom dit vandaan? Wit Boere? Nou konfiskeer hulle grond en kyk of jy volgende jaar ‘n lorrie kan volmaak